Sms’e van lesers

• Kyk in die dorp van ons verbaas nie veel meer vir my nie, maar om helder­oordag en oop en bloot ’n man te sien wat ’n wilde diertjie (dassie) aan verbygaande bestuurders en voetgangers omhooghou en ’n koper soek, maak my siek van skok!

• Soos met die krieket lyk dit nou of Oudtshoorn ook sy gewildheid vir swemgalas aan George sal moet af­-staan. Met verlede week se gala waar swemmers vanoor die land gekom het, was die water en algehele toestand in ’n uiters swak toestand. Gerugte doen die rondte dat daar swemmers was wat nie bereid was om in sulke water te swem nie. George Munisipaleit het nie op hulle laat wag nie en hul swemfasiliteite opgradeer en gaan nou dalk Oudtshoorn vir galas vervang. Nog ’n hartseerstorie en bewys van agteruitgang

• Ons sukkel vanaf begin Desember om die eienaar van ’n besigheid op sy selnommer te kontak. Dit gaan oor aan­kope wat einde November gedoen is. Hul weier om items wat ons nie gebruik het en wat nog net so geseel is, terug te neem, alhoewel dit op die koopstrokie gedruk is dat strokie gehou moet word vir items wat teruggebring word en vir die terugvordering van die aankope. Meneer, dit is nie die diens wat ’n mens verwag aan ’n kliënt wat jou al met duisende rande ondersteun het nie. As ander handelaars sulke diens kan lewer, hoekom nie jy nie? Wat moet ek met dit maak? Ek is net die kliënt wat jou ondersteun. As dit die diens is wat ons ontvang, stel ons nie verder belang om jou besigheid te ondersteun nie. WNNG van Oudtshoorn

• En daar lê die ANC se koalisievennote nou rustig en doodstil in die ANC se bed. Saam maak hulle nou seker dat die ANC se instruksies van buite die dorp uitgevoer word. Die meer geld wat hulle as voltydse raadslede verdien, maak hul mondjies doodstil.

• Die bedanking van OGI uit die koali­sie is ’n bewys dat dit ’n party met beginsels is. Die ander koalisievennote is doodstil en wys nou dat hulle net werkloos was en te bly is vir die inkomste­.

• Hoe werk dit dat daar mense sonder maskers ’n kerk besoek terwyl almal anders hulle maskers dra?