Sms’e van lesers

■ Die besighede, kitskosbesighede, wat aflewerings per motorfiets doen: Asseblief, daardie motorfietse is ’n gevaar vir motoriste. Hulle ry by die Spur sommer oor die middelmannetjie in Baron van Reedestraat af na die Queen’s Mall toe. Of tussen motors wat by ’n rooi robot staan. Baie jaag oor die oranje lig. Die dorp is baie besig, en ek ys as ek dink watse kans ’n motorfietsryer het as daar ’n ongeluk is. Matie

■ Hiermee wil die woonstelinwoners van Bellinganhof vir mev Babe van Rooyen van harte bedank vir die borg wat sy gekry het vir ons Kersete. Ons kan haar verseker dat ons dit baie waardeer. Dankie ook vir die kospakkies wat ons ontvang het. Terselfdertyd wil ons haar gelukwens met haar verjaarsdag op 16 Desember. Mag sy ’n geseënde dag vol liefde en vreug­de beleef. Liefdegroete, Bellinganhof-woonstelinwoners.

■ Namens die Coronation Memorial Versorgingsoord se Beheerraad en Bestuur wil ons Laerskool Wesbank se Leerderraad bedank vir projek Linnet met die skenk van gebreide poppies, komberse en kussings. Dankie aan die skoolhoof, mnr Cloete en juf Jackie, die leerderraadhoof en organiseerder van die projek. Dit word opreg waardeer deur elke inwoner en is ’n voorbeeld van ’n omgeeskool en gemeenskap.

■ Dink asb oor dié Kersfees en Nuwe jaar aan al die baie mense om ons wat swaarkry. Miskien is daar ’n manier waarop jy iemand kan help met ’n bord kos of ’n besoek. Dankie vir almal wat omgee en sulke dinge doen of vanjaar weer gaan doen.