Briewe van lesers

Laaste keer dat ek my kruisie hier trek

Op 1 November 2021 het Ek vir die laaste keer my kruisie agter ons gelief­koosde vryheidsbeweging getrek.

Dit het my verbaas dat die party saam­werk met partye wie se leiers skuldig bevind was aan statutêre ver­kragtings.

Gelukkig het die Nelson Mandela Stigting en ander kapsie gemaak teen die besluit van die ANC.

Die huidige speaker het opdrag ge­kry dat hy moet onttrek. Hy weier en dit is ’n bewys dat daar nie meer eer­ba­re en gedissiplineerde leiers is nie. Hy min­ag sy party en moet verwyder word.

  • Geskok, Oudtshoorn