SMS’e van lesers

■ Goeiemiddag, ek was Vrydag in die dorp en was uiters geskok om te sien in watse treurige toestand die middedorp is! Papiere, wegdoenbare maskers, wegneemkos-verpakkings word net eenvoudig neergegooi! Daar is wel vullisdromme oral te sien, maar die sypaadjies en die straat blyk ’n beter opsie te wees om van vullis ontslae te raak! Waar is die munisipale amp­tenare, het hulle dan nie ’n funksie om toe te sien dat hierdie dorp op sy beste en skoon sal wees nie! Wat moet besoekers aan ons dorp van ons dink? Doen asb iets! Dankie.

■ Wanneer gaan iemand teen daardie jaagduiwel op die groen motorfiets optree?

■ So dankbaar vir die reën. Genade na al die jare se verskriklike droogte.