Briewe van lesers

Vra regering om dorp tot rampgebied te verklaar

Dit is nie net die gate in al Oudtshoorn se strate wat pla en kopseer besorg nie, maar die hele infrastruktuur. Die spoedwalle en ander strepe op die paaie is nie sigbaar nie, want dit was seker nog in Antoinette se dae gedoen. Die strate is na die onlangse stormweer vol los grond en by plekke baie gevàarlik.

Dit maak nie sin om vinnig met die werk weg te spring nie en dan hou alles net tot met ’n volgende sterk reënbui.
Laat die departement tegniese diens­te of die distriksmunisipaliteit ’n vol­le­dige holistiese verslag opstel oor alles en aan die hand van ’n deeglike begro­-ting aansoek doen dat die dorp tot ’n rampgebied verklaar word.

As die regering dan positief op so ’n versoek reageer, stel bekwame kontrakteurs aan en doen weg met kansvatters, want dit is die rede waarom ons strate en sypaadjies steeds in die swak toestand is
-Moedeloos, Oudtshoorn