Sms’e van lesers

■ Baie dankie vir uitstekende diens deur Melissa Arries by die Verkeersdepartement. Jy gee mense hoop!


■ Partye wat ’n koalisie vorm, sal almal verantwoordelik gehou word vir alle besluite en aksies deur die raad.


■ Kan die Oudtshoorn Munisipaliteit asb vir ons sê of waterbeperkings al opgeskort is? Ons bejaardes dra nog altyd emmers water om plante nat te maak en gesondheidomstandighede laat dit nie altyd toe nie. Dankie. Bejaarde (Die sms is vir terugvoer na die munisipaliteut gestuur. – Redakteur)


■ Is daar miskien ’n aanduiding wanneer Victoriastraat weer heel, ordentlik herstel en rybaar gaan wees? Kap nou al weke op en dis met elke reëntjie net modder waar jy kyk. Aaklig om by my kinders te gaan kuier as ek in modder moet parkeer! M Dall (Die sms is vir reaksie na die munisipaliteit gestuur. Volgens onbevestigde inligting egter is Victoriastraat se ondergrondse waterpypstelsel vervang, iets waaroor inwoners dankbaar kan wees as dit waar is omdat groot dele van die dorp se waterpype nie in ’n goeie toestand is nie. – Redakteur)