Sms’e van lesers

■ Kom stap op ’n Donderdag saam met my as ek die Herrie uitdeel van Rademeyerstraat tot Hof-straat, van Meyerstraat tot Parkweg en al die strate bokant Parkweg van Oosthuizenstraat tot Valkenierstraat en kyk in watter toestand is die strate en sypaadjies. Dit lyk verskriklik! Marie.

■ Verwag die President nou waaragtig dat kiesers hom moet glo as hy belowe dat alles sal regkom ná die verkiesing? As die ANC nie in 27 jaar ‘n sukses kon maak van die bestuur van die land nie, hoe gaan hulle dit binne 5 jaar gedoen kry? Die ANC het in 1994 die “nuwe SA” oorgeneem met alle staatsdepartemente in ’n 100% werkende toestand. Hoe lyk dit nou? Niks is in ’n werkende toestand nie! Dink hy die kiesers is verstandeloos? Beslis nie almal nie. Sterk staan kiesers, dink baie mooi voor julle die kruisies trek – asseblief.

■ Baie dankie aan die Munisipalieit en burgemeester vir die skoonmaak van die steeg tussen FNB en Miladys. Dit word baie waardeer. Kan die munisipaliteit asseblief streng optree teen eienaars wie se grond nie skoon gehou word nie?

Die Hoorn het verlede week die foto (bo) geplaas van die vuil stegie tussen FNB en Milady’s. Onder is die steeg nadat dit intussen skoongemaak is. Wys ’n mens die koerant word wyd gelees!