Sms’e van lesers

■ Ek het nou al baie snert gehoor oor wat politieke partye en kandidate gaan doen as hulle ingestem word. Die grootste egter is dat hulle al die kinders van Oudtshoorn werk gaan gee en niemand van buite gaan aanstel nie. Weet hulle dat ander dorpe ons kinders en selfs volwassenes aanstel?

■ Die meeste van ons is met ontsteltenis bewus van die aaklige monster van staatskaping in ons geliefde land. Het ons nie maar almal ’n aandeel in staatskaping wanneer ons onbedagsaam rommel strooi, sonder om te huiwer gesteelde goedere by ’n ver-kwanselaar koop, gedurende werkstyd ure op jou selfoon spandeer terwyl jy eintlik die straat moet vee of enige ander taak moet verrig nie? Skuus as ek op tone trap, maar dit is wat ’n mens waarneem in besighede, openbare kantore en langs ons strate.

■ Ek kom agter dat daar tot dusver geen reklame deur een politieke party op radio gemaak word nie. Sou hulle die geld spaar om T-hemde en KFC-kospakkies op 1 November te kan uitdeel saam met die tradisionele leë beloftes?

■ Kan die nuwe burgemeester en die munisipaliteit asseblief dringend aandag skenk aan die steeg tussen FNB en Milady’s? Dit lyk al maande so en niks word gedoen nie.