Sms’e van lesers

■ Springbokweg die renbaan
Ek hoop dat daar gekyk sal word na die veiligheid van ons gemeenskap. Ek wil ook dit onder mense se aandag bring dat u ernstig moet kyk na die renbaan. Die renbaan is Springbokweg. Hier word resies gejaag soos nog nooit vantevore nie. Wie vir die mense se veiligheid hier verantwoordelik is, het ’n ernstige taak aanvaar en ek hoop u besef dat u baie mense se lewens in u hande het. Sien om na hul lewensomstandighede wat veiligheid betref. Lewer ’n goeie diens aan die gemeenskap van die Groter Oudtshoorn. Sterkte vorentoe.

■ Die woonstel-inwoners van Bellinganstraat, Bellinganhof, wil vir mev Lynette Nicol van harte bedank vir die “sopmengsel” wat sy aan ons geskenk het. Ons waardeer dit. Liefdegroete

■ 68 jaar getroud – wat ’n mylpaal! Thinus (93) en Rika (87) Venter, inwoners van Millenniumpark op Oudts­hoorn het op 6 Junie hul 68ste huweliksherdenking gevier.