Sms’e van lesers

■ Sal die stadsvaders groot asseblief aandag gee aan Hopestraat (Oudts-hoorn-Noord). Daar is gate en ligte wat al baie lank roep vir aandag. Baie dankie.

■ Ek wil net my probleem deel. ’n Pyp het die nag van 28 en 29 April 2021 gebars voor my hek. Ek het die lekkasie by die munisipaliteit aangemeld en hulle het die pyp kom herstel. Ek het gevra wanneer hulle gaan kom teer, want dis reg voor my hek waar ek elke dag met my kar in- en uitbeweeg. In die middel van pad ook ’n gat voor my hek en die sypaadjie van Dysselsweg nr 1 tot by nr 4 is vol gate. Ek het dit die 3de Mei ook by Oudtshoorn-kantoor aangemeld. Dysselsdorp se kantoor het vir my gesê hulle het die teer, maar nie ’n trok om daar te teer nie. Ek is ’n pensioenaris. Besorgde inwoner, Dysselsdorp