Sms’e van lesers

■ Ek wil asb van die bouers in De Rust vra: As jy jou sement meng op die teerpaaie voor ons huise maak dit skoon asb? Van ons hou ons paaie skoon voor ons huis, want ons is trotse inwoners. Die munispaliteit weet wie dit is en daar word niks aan die bouers gedoen nie. Hannelie

■ Nee wat, hier was nog geen reaksie op my sms in verband met die watermor­sery in Januariestraat nie! Januariestraat 14* maak nat “as we speak”. Saterdag (17de) om ongeveer tienuur toe maak 14, 14, 14, 14 almal NAT met hose! Na ’n paar minute toe join 14 ook. Sondag toe maak 14** weer nat, omtrent 20:30 die aand. Vrydag toe was 12* weer iemand se kar en maak toe sommer tuin nat. Die nom­mers is almal in Januariestraat. Ek ganie meer worry nie, want niks word aan die saak gedoen nie. My yard het nie eers blomme of gras nie, want ek maak nie nat nie.
(Die Hoorn het met die plasing van ’n vorige sms van hierdie inwoner asook met hierdie sms die straatnommers weerhou in die koerant maar dit wel aan die munisipaliteit verskaf om op te volg.
Die munisipaliteit het ook as volg gereageer: Law Enforcement Officers were instructed to patrol the areas more intensively to look out for the illegal use of water. People are advised to call the control room at 044 203 7800 when the illegal use of water takes place as it is impossible for Law Enforcement Officers to patrol the whole of Oudtshoorn, including De Rust and Dysselsdorp. Peo­ple must also be willing to declare in the form of an affidavit what they have witnessed to enable Law Enforcement to issue fines for these type of offences. They cannot charge transgres­- sors on hearsay. The addresses listed by the complainant were given to Law Enforcement Officers and they will visit those house owners/occupants and warn them about the illegal use of water.)

■ Baie dankie vir die verkeersbeamptes wat baie sigbaar is tussen De Rust en Oudtshoorn. Ons wil hulle graag meer sien in De Rust, asb, sodat die klomp wat so jaag vasgevat kan word. Hannelie