■ Ek vra vir die mense op Die Kanaal: ek vra julle mooi – gebruik jul medikasie, want ek het vanoggend ’n klomp spuitnaalde gevat by ’n groep kinders en ’n sak pille wat hulle by ’n vullishoop opgetel het nadat iemand dit daar weggegooi het. Vir hulle eie veiligheid het ek dit gevat en uitgebrand. Die mense op Die Kanaal is nalatig. Sê nou die kinders sterf of raak siek? Van ’n 16-jarige seun op Die Kanaal
■ Ek vra die Oudtshoorn Munisipaliteit om die vlaktes op Die Kanaal skoon te maak. Dit vrot hier. Mense gooi hulle dooie diere op die vlak en hier is pap babatjies. Die munisipaliteit lewer swak diens in die laaste tyd. Van ’n 16-jarige seun
■ Regarding the frequent accidents on the corner of Baron van Reede and Van der Riet Street: if an actual traffic light is difficult to install, the installation of permanent speed cameras will assist greatly in managing speeding motorcycles and vehicles. Slower speeds should in turn reduce accidents.
■ Ek het 2019 beuel geblaas oor die watermorsery. Daarvan het dadels gekom! Twee maande gelede het ek weer laat weet van die watermorsery. Dis dieselfde mense. Die waterbeperkings is ’n groot grap! Law Enforcement is nêrens te sien nie. Bridgton-inwoner. Hier is my statistiek: Almal Januarie-straat – *** maak elke dag nat, oor naweke ook en enige tyd van die dag; *** maak twee keer per dag nat, is nou besig om nat maak (12 uur in die dag); *** maak tussen 9 en 10 in die aand nat; *** maak ook elke oggend en aand nat, soms in die dag ook, laat die pyp lê en vanself loop; *** maak ook elke tweede dag nat! *** maak ook buite hul aangewese tyd nat; nr *** maak ook feitlik elke dag nat; *** was gedurig karre met die hose; *** maak ook elke tweede dag nat, sommer gedurende die dag ook. Die genoemde huise steur hulle eenvoudig nie aan waterbeperkings nie! (Die inligting met die betrokke straatnommers soos in die sms verskaf, is aan die munisipaliteit deurgegee vir optrede. – Redakteur)
