Sms’e van lesers

Mnr die Burgemeester van die Groter Oudtshoorn, die Sassa-uitbetalings gaan nog erger raak in Oudtshoorn noudat De Rust se poskantoor gesluit is. Groete, Maria, De Rust
(Soos Die Hoorn onlangs berig het, het die plaas­like munisipaliteit geen beheer oor die uitbetalings van toelae nie. Dit is ’n funksie van die departement sosiale ontwikkeling.)

C* WP, weet jy waarvoor is daar ’n stopteken? Jy jaag met ’n spoed reg-oor die stopteken voor my in op die hoek van St Saviour en Hoogstraat op Donderdag 4 Februarie om 07:00. Jy is ’n gevaar op die pad as jy so optree. Jy kan bly wees dat ’n verkeersbeampte of polisieman jou nie gesien het nie, anders het jy ’n verdiende boete gekry. KAYGEE

Noudat die Valke se ondersoeke teen die voormalige munisipale bestuurder, Allen Paulse, afgehandel is en daar niks teen hom gevind kon word om te vervolg nie, moet die raad en gemeenskap aandring op ondersoeke teen die voormalige burgemeester. Die belastingbetalers moet ook daarop aandring dat die raads­lede wat verantwoordelik was vir die aanstel van die regsfirma Webber Went­zel die R2,2 miljoen persoonlik terugbetaal. Hoeveel huise kon nie met daardie geld gebou word nie?