Sms’e van lesers

■ Dit was die vorige burgemeester se verantwoordelikeid om toe te sien dat terwyl hy daar was, die Webber Went­zel-verslag deur die raad bespreek word. Omdat hyself ook geïmpliseer word, het hy verkies om dit nie te doen nie en het eerder bedank. Om nou van buite af vrae te vra oor die verslag terwyl hy onafhanklike kandidate mobi­liseer, maak nie sin nie en is so stupid soos kan kom. Wanneer ’n mens ge­woonlik bedank, stuur jy ’n boodskap uit dat jy klaar is en nou gaan rus.

Foto ontvang van ’n leser: Wat ’n voorbeeld is dié klein meisietjie met haar masker nie vir al die grootmense wat nie maskers op straat dra nie…