Sms’e van lesers

■ Kyk net hier! Dié foto is deur Michélle Dawson geneem.

■ Die feit dat die ANC tot op die laaste wag om hul kandidate bekend te stel, kom altyd verdag voor . Met plaaslike verkiesings gaan dit oor die kandidaat en nie die party nie. Dit is ook die rede waarom die ANC altyd swak vaar met plaaslike verkiesings, want totdat die name aangekondig word, word die name van so baie moontlike kandidate genoem. Die DA aan die ander kant se name is reeds bekend omdat dit gewoonlik geloofwaardige burgers is en hulle geen rede het om die name geheim te hou nie. Die ANC doen dit gereeld ook met hul burgemeester, maar dit lyk nie of hulle leer uit hul foute nie.

■ Ek het drie klippies in my skoen wat my pla: Fietse wat deesdae so op sypaadjies ry, motors wat so jaag in St Johnstraat vanaf Baron van Reedestraat na die rivier; en motors wat so hard brul – nie net bedags nie, maar snags ook.