Dankie vir dié mooi gebaar
Op 28 Oktober het drie heugelike dinge met ons gebeur.
Die eerste twee was aangenaam en die derde was:
Ons het iets by ’n koffiewinkel geëet en gedrink. Toe ons die rekening by die toonbank wou betaal, word vir ons gesê dat die (onbekende) dame wat agter ons in die koffiewinkel gesit het, het reeds ons rekening betaal.
Ons dank haar wat die reeds aangename oggend meer aangenaam gemaak het.