Sms’e van lesers

■ Die aandrokke wat deur Christiaan Ras ontwerp is, is fantasties! Ek het nie die gelyke daarvan in Gauteng gesien nie! Baie geluk!

■ Die Noordpatrolliegroep is besig om die omgewing veilig te hou. Daar is egter twee keer by ’n voertuig ingebreek, so erg dat hy nie gebruik kan word nie. En vullissakke is 06:30 uitgesit op hoek van Draai- en Van der Riet­straat. Waar was patrollie op daardie oomblikke?

■ Oudtshoorn munisipaliteit se politie­ke leiers darem maar. Hulle het die munisipale bestuurder op verpligte verlof geplaas en hy kry nou volle salaris plus ’n bonus vir langer as 6 maande al. Gerugte doen boonop die rondte dat hy ’n eis van etlike miljoene teen die raad gaan instel. Hierdie geld kan nie deur die belastingbetaler betaal word nie, maar raadslede moet in hul persoonlike hoedanigheid verantwoordelik gehou word vir hierdie vrugtelose uitgawe. Dit sal goed wees as ’n liggaam soos Agri die aangeleentheid hof toe neem.