Sms’e van lesers

■ Dit sal ’n hartseer en kwade dag wees as Die Hoorn nie meer in gedrukte formaat beskikbaar is nie! Almal het nie toegang tot Facebook nie en verkies Die Hoorn op papier! Sterkte Schalk, Liesel, Stefan, Christine, Tieneke en Heinrich. Dankie vir ’n eie koerant wat ons dorpsnuus weekliks bring. Groete, Bella

■ Baie geluk, Chris Macpherson, ek is seker jy gaan ’n vars bries in die raad wees. En ek hoop jy gaan die opgradering van die Burgersentrum ondersteun. Nic Barrow