’N MAN van De Rust is in die Oudtshoorn Streekhof aan verkragting en moord van ’n jong vrou skuldig bevind en ’n voorvonnisverslag dien vandag (6 Augustus 2020) voor die hof.
Flip le Grange (31) het in ’n pleitverduideliking erken dat hy Ronel Martins (18) van die plaas Rietfontein op 8 Desember 2018 in ’n verlate gebou op Middelplaas verkrag en daarna met ’n ketting verwurg het toe sy gedreig het om ’n saak van verkragting teen hom aanhangig te maak.
“Ek is baie jammer oor my optrede,” sê hy aan die einde van sy verduideliking.
Sy regsverteenwoordiger, Vaughan Shone, het die hof versoek vir ’n voorvonnisverslag en die saak is vir vonnisverrigtinge tot 6 Augustus 2020 uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)