Sms’e van lesers

■ Aftreeoorde kry swaar omdat baie mense dit net eenvoudig nie kan bekostig nie. En die wat wel daar bly, kyk nie altyd op hulle maandelikse reke­ning wat alles afgetrek word nie. Ek wil die inwoners waarsku om hulle rekeninge goed na te gaan. En die juffrou in die kantoor kan regtig maar meer vriendelik en hulpvaardig wees. En behandel die oues van dae met die nodige eerbied. Een van die dae sit jy daar!

■ Die burgemeester het uit eie wil verkies om te bedank en sy party het volgens partyreëls hom ge­skors. Waaroor die bohaai gaan deur persone wat nie aan die party behoort nie, is onverstaanbaar.

■ Wonder of inwoners besef dat al die onrus en “betogings” in die streek net deur politiek gedryf word – met die doel om onrus en wanorde te saai en waarskynlik te probeer om beheer oor te neem.

■ Mense, mense. Wat verstaan ons mense nie hoe ’n verkeerslig in die strate werk nie. Ons is besig of dalk al klaar daar waar mense ry en loop en dit maak nou nie saak wat die verkeerslig sê nie. Die groen mannetjie beteken voetgangers mag loop, maar as die groen kol aankom, beteken dit die karre moet ry. Jy kan nie oorstap net wanneer dit jou pas nie. Ons leer tog almal van veiligheid op skool. As die mannetjie rooi is, mag jy nie loop nie! Hoe moeilik is dit? En karre, as die lig oranje is, kan jy maar solank stop. En, asb, gebruik daai flikkerliggie. Hy is vir ’n doel ingebou in daai duur ding waarmee jy ry. Voetgangers maak dit al moeiliker vir bestuurders. Asb, hou by die padreëls.