Sms’e van lesers

■ Ek was dankbaar vir die goeie nuus dat die KKNK afgestel is. Elke jaar maak ’n paar besig­hede en gastehuise geld. Die res van die belas-tingbetalers verduur net die ongerief van die oorvol dorp. As daar gestem moes word vir of teen die KKNK sal die uitslag miskien ’n skok wees. Stef (Dit is nogal ’n jammerte dat iemand dankbaar kan wees oor die afstel van iets wat so ’n massiewe positiewe invloed het en inkomste bied vir talle inwo­ners uit alle gemeenskappe, besighede, kerke, skole, kunstenaars, en boonop vreugde bring aan so baie wat lief is vir die kunste. Leef en laat leef. – Liesel le Roux, redakteur)

• Graag wil die woonstelinwoners van Bel­lin­gan­straat Bellinganhof mnr Johan Nel hartlik be­dank vir die groot hoeveelheid uie wat hy weer eens vir ons geskenk het. Wees verseker van ons dankbaarheid. Groete, woonstelinwoners