In my vorige skrywe oor die onder-werp van rassisme (Die Hoorn, 27 Februarie 2020), het ek die pertinente vraag gevra: Is ons nie maar in wese rassiste nie? Dit is weliswaar ’n vraag wat mense nie juis met groot vrymoedigheid en oortuiging kan beantwoord nie. Na aanleiding van die baie voorvalle van rassisme, sommige openlik en aggressief en ander meer subtiel en onsigbaar, wil dit voorkom asof baie van ons nog swaar aan die las van rassisme dra.
Wat egter ontstellend is, is dat die kerk ’n plek was waar rassisme beplan en bevorder is, en die kerk self ’n beduidende rol gespeel het om die euwel ten uitvoer te bring. Kom ons kyk wat het op 22 en 23 November 1916 by die NG Kerk-kongres in Cradock gebeur, waar FW Reitz (president van die senaat van die Unie van Suid-Afrika) ’n toespraak oor die armblankevraagstuk gelewer het. In die toespraak het hy die volgende neerhalende opmerkings oor bruin en swartmense gemaak.
Hy sê: “Bruinmense is ’n halfras, ’n halfnasie. Dit is ontsettend moeilik om met die mense oor die weg te kom, dit is beter om met een stroom bloedk.…rs oor die weg te kom. Al die moeilikheid betreffende die halfras het in die Kaapse Skiereiland ontstaan toe die inmenging van die mense van Europa met die inheemse bloed vermeng is. Die halfras is belas met die slegte hoedanighede van albei voorouers, hulle is ’n rampspoedige geslag van mense wat ons moet bejammer, en terselfdertyd as ons van plan is om ons Europese bloed suiwer te hou, moet ons stelsels in plek sit om onsself teen hulle te beskerm”.
In dieselfde toespraak haal hy verder aan, “die k….r in sy wilde toestand is in sommige opsigte ’n edel ras in vergelyking met die halfras. Die k….r is nie meer ’n gevaar vir die witman nie, want die k….rstamme is vir goed onskadelik gemaak. Die k….r het in ’n mate selfrespek, wat hom weerhou om met die blanke te wil indring, iets wat ongelukkig nie by die halfras die geval is nie”. Verder sê hy “dat alle praktiese vorme van kontak met die k….r en die halfras vermy moet word, veral in belang van die witvrou, en die witkind. Die k….r en die halfras het ook regte, maar hulle kan hulle regte in afsonderlikheid geniet.
Om ’n paar voorbeelde te noem, hy mag nie in dieselfde huis of in dieselfde woongebied woon nie; nie aan dieselfde tafel aansit nie; nie na dieselfde kerk gaan of in dieselfde parlement sit nie. Daar moet selfs apartheid op openbare vervoer en openbare bedieningspunte wees. Ek verag die k…..r en die halfras nie, maar ’n fatsoenlike k….r is nie so begerig om met die witman op sosiale vlak te verkeer nie. Soort hoort by soort. Dit is die beste, veiligste en die eerlikste verhouding tussen ons wat so ver van mekaar verskil, nie net in kleur nie, maar in alle opsigte. Hulle, die k.. ..r en die halfras kan maar klim, maar net teen ’n ander paal, en ek sal nie vet aan sy paal smeer nie. Enige witmens wat hulle vir vermenging beskikbaar stel, het geen en verdien ook geen toekoms nie. Daarom moet die wagwoord afskeiding, apart hou, wees. Ons het alreeds die fout begaan om die halfras en die k….r se lokasies so na aan ons dorpe en stede te bou.”
By geleentheid by die Grootte Kerk in Kaapstad het FW Reitz homself as volg uitgedruk: “Die halfras voel altyd ongemaklik in die teenwoordigheid van witmense.” Verder sê hy: “Die fatsoenlike, selfgerespekteerde, opgevoede k….r sal meer tevrede wees met sy eie volksraad of sy eie inboorlingrade in die Transkei.”
Die vraag ontstaan nou; hoe het Reitz by hierdie ongegronde, nie-nagevorste gevolgtrekkings gekom wat hy met soveel oortuiging en vrymoedigheid aan die kongres voorgehou het. Al sy voorstelle, aanbevelings en argumente het hulle oorsprong in selfsugtige eiebelang en selfbehoud.
Cecil John Rhodes was from 1890 to 1896 the prime minister of the Cape Colony. During one of his parliamentary speeches he said the following about people of colour: “The native is to be treated as a child and denied the franchise. We must adopt a system of despotism in our relations with the barbarians of South Africa.” Rhodes controlled 90% of the diamond production, an outstanding monopoly. Through le-gislation he forced people off their land, especially land which happened to contain diamonds and other minerals. He took millions of square miles of land away from the indigenous people, they were dispossessed and reduced to living as tenants in their land. He was also the one who introduced landgrabs, that is why the Pan African Congress (PAC) said: “The problem which was blamed on Mugabe was created by the British Colonialists, whose agent used armed force to aquire land for the settlers. He stole stretches of land and displayed utter disregard for those who once owned it.” There is a saying that says, the more things change the more it remains the same.
In 1938 DF Malan said the following at the Voortekker Monument in Pretoria: “Hundred years after the Great Trek has started, God has chosen the Afrikaner volk on the 16th of December 1838 to prosper in this land.”
He introduced massive race legislation during his first year as prime minister, which was nothing less than a legislative assault on the people of colour.
PW Botha was the minister for coloured affairs, and in 1964 he said the following in a speech: “I am one of those who believe that there is no permanent home for a section of the Bantu in the whole area of South Africa, and the destiny of white South Africans depend on this essential point. If the principle of permanent residence for the black man in the area of the white is accepted, then it is the beginning of the end of white civilisation as we know it in this country.”
In one of the daily newspapers the Police Department portrayed statistics which confirmed that on average 50 people per day were killed in this country, and that South Africa has become one of the most violent countries in the world. To this newspaper report, Pre-sident Mbeki responded in the following manner: “White racist journalists are perpetuating a stereotype that blacks are barbaric savages.”
In one of his public statements Mbeki denied the link between Aids and HIV. He, however, held the view “that HIV is not the result of sexual intercourse, but rather a colonial conspi-racy of the white racists.” In the book The other side of the story of the late Van Zyl Slabbert, Pallo Jordan (former ANC cabinet minister), claimed at a congress in Jamaica in 2005 that “Africans are genetically incapable of being racists, unfortunately Coloureds and Indians inherit some white racism. But Africans are mercifully free of it.”
Hierdie uitspraak van Pallo Jordaan, laat ek oor aan die gesonde oordeel van die leser.
Bostaande is voorbeelde geneem uit toesprake van persone met rassistiese ondertone. Die uitlatings, vooroordele, minderwaardighede en beterweterighede van konserwatiewes en liberales laat veel te wense oor.
Rassisme is nie onoorkomelik nie. Ons is nie met rassisme gebore nie, dit is ’n euwel wat aangeleer is, en alles wat aangeleer is, kan afgeleer word, maak nie saak hoe moeilik en uitdagend dit is en hoeveel tyd daaraan bestee word nie. Die positiewe veranderende politieke landskap, vry van apartheid, kom ons almal handig te pas, en die vrese vir die onbe-kende is nou nie meer so intimiderend as wat dit vroeër die geval was nie.
Blootstelling aan mekaar oor ’n wye front binne ons samelewing help ons om ons vrese te besweer, en om ons selfvertroue te herwin en te vestig.
Ons ontvangs by omgewings wat in die verlede vyandig teenoor ons was, is nou vriendeliker en ons verkeer grotendeels op ons gemak. Ten spyte van die feit dat ons groepsgebonde is, bly ons individue binne ons onderskeie groepe, en moet ons nou voortdurend onafhanklike en selfstandige besluite neem, wat nie juis altyd strook met die norm van die groep nie. Dit kan soms aansienlike spanning binne die groep veroorsaak, maar individue wat met hierdie werklikheid gekonfronteer word, moet jaloers waak oor hulle onafhanklikheid en hulle individualiteit binne die groep.
Sir Michael Howard sê die volgende oor groepsdenke: “Reason is not a thing or a person. It is an activity and an individual one. It is thinking and judging. This can only be done properly by people who are free to think, to read, to inform themselves, and to debate the issues. They decide, and having decided, still being free to change their minds.”
Alhoewel ons as Christene daagliks onderwerp word aan konflik, benade-ling, twis en stryd, word ons terselfdertyd voortdurend onderwerp aan die waarde van vergifnis, onvoorwaardelike vergifnis. Daar bestaan geen kwa-lifisering vir vergifnis nie. Niemand moet gedwing word om vergifnis te vra nie, dit is ’n gebaar wat vryelik moet gebeur op grond van die feit dat die oortreder (s) bewus is van ’n onreg wat hy/sy gepleeg het.
Ons kan nie mekaar met wetgewing dwing en met regstappe dreig om rassisme stop te sit nie. Hierdie stap moet in die hart en die niere van die individu, onbevange en ongedwonge, beslis word. Ons in ons eie onderskeie groepe, moet nog leer om kollektief saam te droom. As ons dit nie doen nie, sal ons maklik deur ons eie vrese binne ons eie geïsoleerde omgewing geïntimideer word, min wetende dat daar ten spyte van al ons vrese daarbuite ’n verskeidenheid moontlikhede en geleenthede is, wat binne die geïntegreerde inisiatief met groot blymoedigheid afgehandel kan word.
Ons moet kontak maak met ander mense en wegdoen met kunsmatige verskansings, want dit isoleer en verhoog ons vrees vir die onbekende.
Mag ons reaksies in die toekoms op die feite berus, en nie op assossiasie of emosies nie. Ons moet ont-hou: selfbehoud was nog nooit ’n inspirerende verskynsel nie, maar medemenslikheid wel. Deur nuwe inklusiwiteit sal jou spasie nooit weer dieselfde wees nie; saam sal ons ’n nuwe diverse en ’n ryk identiteit bou, en sal ons onsself bevry van ’n verkeerde nostalgie.
Ek is in my hart oortuig die oorgrote meerderheid van alle Suid-Afrikaners wil nie weer na apartheid terugkeer nie. Apartheid was barbaars, boos en onmenslik. Daar was die vrese wat die destydse apartheidpolitici in witmense se koppe ingeprent het – die vrees vir kommunisme, die wit ras se oorlewing in ’n see van generiese swartes, die verswelging en verdwyning van die wit ras, groepsgebiede, bevol-kingsregistrasie en ontug. Witmense leef redelik gerus in die nuwe Suid-Afrika en van die bangmaakstories het niks gekom nie. Alhoewel ons moerig is oor korrupsie, onbevoegdheid en ons veiligheid, kan ons in ’n mate saamstem dat ons nog ’n onafhanklike, funksionele regstelsel het. Ons infrastruktuur is redelik, maar kan verbeter, ons het nog ’n vrye pers, en gereelde plaaslike en nasionale demokratiese verkiesings. Ons was nog nooit as ’n burgerlike samelewing in so ’n goeie posisie om rassisme aan te durf en uit die weg te ruim nie. As ons ’n demokratiese Suid-Afrika, sonder noemenswaardige geweld, suksesvol kon beding, is ek van mening dat ons dieselfde met rassisme kan doen.
We, South Africans, have much in common, we know what it is to fight for our liberation. We can identify with the Afrikaners in their struggle against British rule, because we were also there. We are aware of the devastation, the subjugation and oppression. Not to mention the killing of your livestock, the burning of your crops, the razing of your farmsteads, the poisoning of your wells, not to mention the concentration camps, which consisted largely of women and children. (En die swart agterryers.) Let us exploit this space for a better tomorrow, not only for us, but explicitly more for our children. God bless.
• Lees Piedt se eerste skrywe by www.diehoorn. com/rubrieke/david-piedt-skryf-oor-rassisme/