Sms’e van lesers

■ Speelpark te Corriganstraat raak nou gevaarlik vir kinders. Glasbottels word stukkend gegooi met klippe of teen metaalvoorwerpe. Word dan net so gelaat. Booswigte kies dan hasepad.

■ Die leiers van die politieke partye in Oudts­hoorn sal beslis moet kom ingryp en die raad help met die krisis met die Backyard Dwellers, want duidelik weet hulle nie wat om te doen nie. Hulle wil nou die probleem vanaf die begraafplaas na ander gebiede soos die Honde-eenheid, Mosselbaai-driehoek en Môrester verskuif. As dit dan soontoe moet gaan, kan dit mos maar bly waar dit is? Die Honde-eenheid kan glad nie ’n opsie wees nie, want dan is die mense op die plaas Buffelsdrif wat teenstrydig met regeringsbeleid is. Behuising moet nader aan die dorp kom.

■ Kan ek asb bevestiging kry of daar wel enigsins nog waterbeperkings geld in Oudtshoorn? Ek is ietwat onseker, want almal om my gebruik hul tuin­slange? Of hulle draai net eenvoudig hul sproeiers oop? En hul maak beslis gebruik van die munisipaliteit se water.

■ Ek verstaan dat daar ’n ANC-raadslid al vir langer as ses maande met siekteverlof is? Is dit aanvaarbaar? (Die betrokke raadslid was ernstig siek en is tans besig om te herstel. Hy het nog met elke vergadering verskoning aangeteken omdat hy nie daar kan wees nie en behoort binnekort weer op sy pos te wees. – Redakteur)

■ Ek het vroeër al fluitjie geblaas oor ses huise wat so natmaak met die tuinslange. Daar is niks aan gedoen nie. My hart is seer om dit te aanskou want ek maak NIE nat nie. My water is op datum, maar my tuin is ’n mess. By nog ’n huis word nou gereeld karre gewas met ’n tuinslang. Dit breek my hart. Ek oorweeg dit om ook maar nat te maak, aangesien niks gebeur nie. Net vanoggend om vyf­uur, toe maak een van die ses nat. Die ander maak saans nege- en tienuur nat. Die een op die hoek maak helder oordag vyfuur hand in die sy tuin nat. Gee net nie om nie. Gebruik selfs ’n sel­-foon om lig te maak in die aand. Een vrou spuit selfs die huis rondom se mure af…

■ Oorweldigende reaksie is sedert verlede Woensdag op die Facebookbladsy Oudtshoorniete staan saam te sien nadat ’n Facebook-gebruiker oor die reën geskryf het. Reaksie stroom steeds in. Ons mense is innig dankbaar oor die pragtige reën wat verlede week oor die gebied uitgesak het! Alle dank aan die Skepper!