Motorfietsklub help met haresny vir nuwe skooljaar

DIE motorklub Jap Metal van Ladismith het Dinsdag gewys dat hulle die belange van die gemeenskap op die hart dra deur in te spring om leerders se hare gratis vir die nuwe skooljaar te sny.

Die klub wat voor Kersfees geskenkpakkies aan minderbevoorregte kinders uitgedeel het, het Dinsdag hard gewerk om seker te maak leerders, veral seuns, is netjies op hul eerste skooldag vir 2020.

Lede van die klub het hul eie toerusting gebruik om die sowat 45 leerders wat opgedaag het, se hare te sny. Sjampoe en naskeermiddel is ook aangekoop.

Dankbare ouers het met waardering in hul oë toegekyk.

Die voorsitter van die klub, Hennistey Constable, het belowe dat daar nog uitreikings na die gemeenskap in 2020 gaan kom. (Deur Deon Meyer)

Be the first to comment on "Motorfietsklub help met haresny vir nuwe skooljaar"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*