Sms’e van lesers

■ Meneer met jou wit Isuzu-bakkie, wat die ver­me­telheid het om jou vullis, eierbokse, ’n skoen en nog los gemors Maandagoggend voor my huis in Hoog-straat te kom neersit en weg te ry toe ek na jou roep? Hoekom dit nie voor jou eie deur uitsit nie? Ek ken jou gesig. Volgende keer gaan sit ek dit op die sypaadjie terug voor jou huis. Dis uiters swak maniere van jou om dit te doen. Sit jou vullis asb op die dag wanneer dit verwyder word uit en bly weg hier waar jy nie bly nie. Ons hou jou dop.
*****

■ Klasmaats van die voor-malige Battswood Opleidingkollege in Kaapstad het na 51 jaar ’n reünie van 20 tot 23 September in Oudts­hoorn bygewoon.

■ Het besoekers deur Prins Albert geneem.
Dié vintage motor staan in ’n gastehuis se tuin.
Sy registrasienommer is CCA 000.
JB

■ Wil net hierdie vraag aan die munisipaliteit vra,spesifiek die tegniese afdeling: Hoe is dit moontlik dat hulle na drie maande nog nie “bulbs” het nie nie? Elke keer as jy bel oor straatligte wat dood is, kry jy dieselfde antwoord: Meneer, ons het nog nie bulbs nie. Ek dink nie dis reg teenoor ons wat elke maand ons dienste betyds betaal nie. Eppi
*****
Jaagduiwels … Is daar regtig geen raad nie?