■ Want dis mos amper somer. ’n Mooi foto van ’n bytjie op ’n blommetjie.
Foto: Kyla Knoetze

■ Geagte munisipaliteit, eerstens wil ek dankie se vir die werker by die Rust en Vrede Waterval vir die toilette wat altyd so netjies en skoon is. Jy is tops; hou dit so.Tweedens: kan die munisipaliteit nie ’n beter ontvangskantoor (op die foto) by die betaalpunt oprig nie? Gedurende my besoek het die wind amper die arme houthuisie wat daar opgerig is, omgewaai. Bou ’n beter ontvangs, al is dit met klip. Dan sal dit mos mooier wees vir die besoekers en ook baie veiliger vir die werkers aangesien hulle met kontant werk.

■ NAMAKWALAND KOM KUIER IN DIE WES-KAAP
Die foto is tussen Langebaan en Saldanabaai geneem waar dit soos ’n paradys lyk na al die goeie reën. Foto: Judi Laubscher
Lente
Uit haar diep winterslaap
het Lente weer ontwaak
hier in die Wes-Kaap.
Op hierdie mooie dag
is haar tafel gedek
met blommeprag
blaartjies towergroen
kom uit om die son te soen.
Sy het weer nuwe hoop gebring.
Laat ons nou ’n loflied sing
want tot eer van God, het sy, -“mooi”-
haar skoonheid kom ontplooi
Sela.
– Cecile Ungerer, Oudtshoorn
■ My kleinkind het Maandag verjaar, toe stuur ek my dogter dorp toe om lekker goedjies soos koekies te koop. Na ek en van die kinders daarvan geëet het, was my maag baie omgekrap! Toe sien ek die een pakkie (2019:01:31) en die ander pakkie (2019:02:28) het verval (200g Rainbow man-koekies) Naskrif: Ek het nog van die twee pakkies.
■ Ek het gedink noudat iemand van Oudtshoorn Afreeoord deur inspekteurs van die munisipaliteit vervolg word vir misbruik van kraanwater in tuine dit sal stop, maar dit gaan steeds voort. Deon Ferreira.