Sms’e van lesers

■ Die taxi’s ry gereeld in St Johnstraat af bokant Adderleystraat waar hulle nie mag ry nie. Sal mnr Pat Jordaan asb aandag gee aan hierdie probleem. Dankie solank. (Die Hoorn het die sms aan die munisipaliteit gestuur vir kennisname. – Redakteur)

■ Kyk hoe lyk ons middedorp. Siesa, straatkinders oral om elke hoek en draai. Die taxi rank ruik en lyk soos ’n varkhok, papnat. Mense gly en val in urine. Help almal, asb.

■ Bedanking: Namens die inwoners van Bellinganhof wil ons net vir Joey van Rooyen, Francis Fouche en Wimpy de Jager bedank vir die mooi bedrag wat deur hulle ingesamel is vir die herstel van die wandelpaadjies. Dit word opreg waardeer. Nogmaals dankie

■ Die minister van polisie moet as ’n prioriteit meer moderne polisiestasies in Bridgton en Bongolethu laat bou. Die bestaandes is ver benede standaard en voldoen nie aan die eise om diens­lewering te verseker nie. Dit behoort ook nader aan die areas gebou te word waar die misdaad hoog is. Die moderne polisiestasie in Dysselsdorp en ander dorpe is hierdie twee ver voor. Die brigadier kan gerus die minister nooi sodat hy hom vergewis van die omstandighede waaronder die manne en vroue in blou moet werk en waar die gemeenskap diens ontvang.

■ Goeiemiddag, was gister by die Rust en Vrede Waterval. Ek wil vir die Oudtshoorn Munisipaliteit vra of hulle nie ’n ontvangskantoor daar kan bou nie, aangesien die ingangsfooie nou weer op is. Vervang die ou een, asb.

■ Kan die mense wat voorwerpe uit vullissakke langs die paaie neem asb netjies werk sodat die sypaadjie nie vol gemors is nie. Party mense werk regtig netjies en mors niks, terwyl ander net nie omgee nie.