■ Die onwettige optrede van sommiges veroorsaak dat wetsgehoorsame posbushuurders gestraf word. Ons kan nou nie na ure pos uithaal nie, want die hek is gesluit. Petro
■ Die woonstel-inwoners van Bellinganhof wil mnr Johan Nel hartlik bedank vir die groot hoeveelheid uie wat hy aan ons geskenk het. Wees verseker van ons dankbaarheid. Nogmaals baie dankie.
■ Ons wonder hoe lyk ons armer inwoners se ingewande omdat ongefiltreerde water gedrink moet word. Die munisipaliteit laat al eeue toe dat die inwoners ongefiltreerde water gebruik. Die wat bottelwater kan bekostig, kla nie, maar die meerder- heid inwoners kan nie bottelwater bekostig nie. Hul liggame moet die water filtreer. Betrokkenes by die voorsiening van ongefiltreerde water moet by die Menseregtekommissie aangekla word. Kan mense met die nodige “know how” dié praktyk asb aan die kommissie rapporteer en ons inwoners op hoogte hou.
■ Volgens navorsing is nege miljoen van die bevolking werkloos en 17 miljoen ontvang toelaes wat deur belastingbetalers betaal word. Politieke stemme praat oor die hoë werkloosheid, maar NIEMAND praat oor die hoë bevolkingsgroei wat besig is om ons almal te versmoor nie. Oudtshoorn se 70%-werkloosheidsyfer beteken die dorp is 70% oorbevolk. Realis, Volmoed
■ Dankie Santa Cassara dat jy so hard alleen in Noordstraat werk om die wêreld om jou mooi te maak. Ek wens jou baie mense toe wat jou sal bystaan.
■ Van my huis tot by die werk het ses voertuie oor die vierrigtingstoppe gery sonder om te stop, met net twee wat gestop het…