Sms’e van lesers

■ Woensdag 22 Mei 2019 het die Oudts­­hoorn Munisipaliteit slaggate in Meulstraat herstel. Die klein gaatjies word opgevul, die groot gevaarlikes word misgekyk. Is dit hoe die mense se belastinggeld gemors word? Hoekom het hulle nie een keer die werk reg gedoen nie? Nou moet hulle weer kom. Wat ’n gemors van tyd. Vra maar net. Jekels

■ Geen wonder daar is soveel ongelukke nie. Kyk hoe skeef is die woor­de “Road Inspection” op die foto.

Dié foto van ’n bedrywige ystervark is Dinsdagoggend om 02:00 in ’n tuin in Hoogstraat, Oudts­hoorn, deur die eienaar van die huis, Elisabeth Groenewald, geneem.