Vir die skewe boom
Die skewe boom het langs die pad gestaan
Buite Oudtshoorn na Calitzdorp
Sy skaduwee was vir algar daar
Uit die warm Karooson, op die pad se soom
Van veraf het mens hom gesien
En dan geweet, jy is amper daar
Vandag egter op pad van Calitzdorp
Was ’n kaal kol daar te bespeur
Dis amper troosteloos sê ek vir jou
Was ek nie groot, het ek gerou
Selfs sy wortels is omgedolwe
So asof alles uitgewis moet word
Die boom se lewe is drasties verkort
Iemand hoog op het besluit
Hierdie landmerk moet sekerlik uit
Nou is ons baie armer
Skewe boom is ons nou kwyt.
– John Emmerich, Oudtshoorn