Vraag per sms ontvang:
Oudtshoorn Munisipaliteit, die hekke by die Rust en Vrede Waterval is gesluit na Sondagaand se swaar reën en dele van die pad wat verspoel het. Ek wil vra aangesien ek daagliks toergroepe soontoe neem, dat julle nie net die pad skraap nie, maar ook stormwaterpype insit waar nodig, en die pad gerieflik maak vir busse. Selfs die draaiplek bo is te klein. Kan daar noudat die kunstefees naby is, so gou as moontlik met die pad begin word?
Antwoord van die Oudtshoorn Munisipaliteit:
Die padskraper wat vir die instandhou-ding van grondpaaie gebruik word, word tans op De Rust gebruik en sal sodra dié werk voltooi is, gebruik word om die Rust-en-Vrede-pad te herstel. Indien werk op De Rust langer neem as verwag, sal die instandhouding van die Rust-en-Vredepad gepriotiseer word om teen 20 Maart voltooi te wees.

■ Ek moes vanoggend met skok en afgryse toekyk hoe ’n groot man ’n klein ou Yorkie op die hoek van Bloemstraat en Jan van Riebeeck op Oudtshoorn aan sy haartjies gryp en geweldadig slaan… Toe word die verskrikte diertjie deur die parkie gejaag na ’n huis in Tautestraat… Jy behoort jou te skaam!
■ Ai, KKNK, ons sukkel sonder ’n feesgids.
■ Die veroordeelde misdadiger Adriaan Alettus Niewoudt wat reeds een jaar in die tronk was, wil nou ’n white only- nedersetting vestig op sy plaas met die naam van Eureka buite Garies in die Noord-Kaap. Gaan net wittes die bou-werk doen of is swart- en bruin mense net goed genoeg om die werk te doen?
■ As gevolg van die optrede van straatkinders gaan die KKNK en dorp nog in ’n spookfees en ’n spookdorp verander. Ons wonder hoekom daar nie petisielyste in dié verband by supermarkwinkels is nie? (Die betrokkenes by die petisielyste sê die petisie is geplaas by supermarkte wat toestemming gegee het dat dit daar geplaas word. Van die supermarkgroepe se beleid is om nie petisies te hanteer nie. Die Hoorn het verlede week ’n lys winkels gepubliseer waar die petisie onderteken kan word. Sowat 1 500 inwoners het dit reeds onderteken. – Redakteur)
■ Wat word van die geld wat vir swartsakke begroot was, want daar is seker ses maande gelede swartsakke uitgegee. (Die sms is aan die Oudtshoorn Munisipaliteit gestuur vir reaksie. – Redakteur)

Die flukse Ronelle en Elmarie met hul span werkers is druk besig om ons dorp te verfraai en die nuwe blaadjie om te slaan. Koeldrankies en water sal baie help om die energievlakke op te jaag! Wonderlike inisiatief met kundige tuiniers en kreatiwiteit. Dankie aan almal wat bereid was om bydraes te maak en skenkings te doen. Hierdie is net die begin…