Sms’e van lesers

■ Waar eens ’n mooi groen grasperk was, is nou net ’n sandwoestyn. Die rede? Gehoorsame inwoner wat ek is, maak ek nie nat nie! Ek gee gehoor aan die munisipaliteit se pleidooi om water te bespaar. Ses inwoners rondom my maak elke dag nat, een sit sproeier aan. Hul tuine is grasgroen. Die boetes was net praatjies!
• Die Hoorn het ’n navraag oor bostaande sms aan die munisipaliteit gerig. Die hoof van verkeer en wets­toepassing antwoord soos volg: “Dit is onwettig om tuine met tuinslange nat te maak. Ons wets­toepassingsbe­amptes het al baie persone beboet vir dié oortre­ding. Inwoners kan mense verkla wat tuine met tuinslange of sproeiers natmaak, maar sal moet verklarings aflê om die munisipaliteit in staat te stel om boetes op te lê. Inwoners moet ook bereid wees om in die hof te getuig.

Vanaf laas Donderdag loop rioolwater in die Grobbelaarsrivier (Stinkfontein) in. Ek het by myself gedink los dit. Iemand sal iets daar­omtrent doen. Hoe lyk dit vir julle? Reeds in September 2018 tydens ’n wykskomitee­vergadering het ek die raadslid gevra dat die riete gesny moet word en is verseker dat dit in November 2018 gedoen sal word.

• Die sms oor dié waterprobleem wat sy oorsprong in die SANW-terrein het, is aan die raadslid, munisipaliteit en distriksmunisipaliteit ge­stuur. Volgens te­rugvoer ontvang, is hulle en die SANW sedert 23 Januarie bewus van die probleem. Munisipale gesondheid – soos Die Hoorn verlede jaar berig het – het geen jurisdiksie oor die militêre gebied nie. Die SANW en Departement Openbare Werke het in November 2018 aangedui dat hulle saamwerk om uitdagings ten opsigte van die vervalle stormwater- en rioolstelsels by die Infanterie­skool aan te spreek en dat ’n opgraderingskontrak goedgekeur is. (Berigte by https://www.diehoorn.com/ nuus/sanw-takel-rioolprobleem-oudtshoorn-infanterieskool/ asook by https://www.diehoorn.com/nuus/rioolwater-die-grobbelaarsrivier/)

■ Die kunstefees is op pad en die rose en gras in Voortrekkerweg is morsdood! Het die munisipaliteit nie toegang tot die gryswater nie? Die bome regs soos jy in die dorp kom van Calitzdorp af, is ook dood. Ontstelde inwoner

■ Dit lyk haglik en vuil voor die Burgersentrum. Dooie plante en vullis kan gerus verwyder word, Sien parkeraad dan niks raak nie! Hulle kan tog gryswater gebruik om ons dorp beter te laat lyk.

Blye hereniging! Die Oudts­hoorniet Johann Coetzer en sy seun Johann wat mekaar die naweek die eerste keer na 20 jaar weer gesien het.