Slagting van voetgangers

Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

Daar is vandeesweek verskeie berigte in Die Hoorn oor voetgangers wat deur voertuie omgery is of byna omgery is. Dit is skokkend en onaanvaarbaar en vra optrede.

’n Vrou het oor die naweek gesterf nadat sy naby die Kango Grotte raakgery is; ’n 16-jarige seun lê in die waakeenheid van die Life Bayview Hospitaal nadat ’n man na bewering oor ’n stopteken gery het; ’n man van Volmoed moes die week ’n hofsaak op krukke bywoon nadat hy na be­-wering doelbewus deur ’n bakkie omgery is; en ’n stalletjie­houer van Oudtshoorn was gelukkig genoeg om weg te kom voor ’n bak­kie wat in haar stalletjie vasgejaag het.
Ons herhaal: Dit is onaanvaarbaar en vra vir optrede.