Smulpaapwenners Vrydag

Deur Liesel le Roux
DIE Klein Karoo se voorste eetplek­ke word Vrydag aangewys wanneer die jaarlikse Smulpaaptoe­kennings bekend gemaak gaan word.

Volgens Francois Ferreira, saam met Anne Hadley, die inisieerders en sameroepers van die jaarlikse Smulpaaptoekennings, is besluit om die be­oordelingsperiode voortaan te verleng na einde Februarie om so ook eetplekke oor die vakansieseisoen te kon beoordeel.

Daar is ook vanjaar die eerste keer ’n nuwe kategorie, genaamd Bubbling under, waarin nuwe eetplekke wat die oog van die beoordelaars gevang het, bekroon sal word.

Die Smulpaaptoekennings word jaarliks deur ’n groep anonieme be­oor­delaars beoordeel. Eetplekke word herhaaldelik besoek en die beoor­delaars betaal vir hul eie etes.

Die Klein Karoo Wynroete se toe­kenning vir die beste wynlys sal ook vanjaar die eerste keer gemaak word.