■ Eerlike mense is deesdae skaars soos hoendertande. Mnr Raubenheimer van Jonesstraat is een van hulle. My beursie met al my kaarte en ID het by Checkers se parkering verlore geraak. Ek wil hom bedank dat ek alles soos dit was terug kon kry nadat hy dit opgetel het. Baie dankie. DC Le Kay
■ Het die Oudtshoorn Munisipaliteit enigsins ’n plan om die vandalisme (diefstal) van verkeerstekens stop te sit of is daar nie die nodige insig of verantwoordelikheidsgevoel om jou opgelegde taak met trots aan te pak nie? Gaan ons maar so voortploeter en ons dorp laat vernietig? Pieter.
Justin Lesch, direkteur: tegniese dienste, antwoord: Die Oudtshoorn Munisipaliteit ondersoek tans moontlikhede vir alternatiewe materiale wat gebruik kan word om diefstal te bekamp. Dit bly ’n probleem en die publiek word versoek om saam te werk. Vandalisme moet aangemeld word sodat die vandale wat eiendom beskadig of afbreek, vervolg kan word.
■ In reaksie op Oudtshoorn se slegte paaie: Kom kyk hoe lyk dit op Franschhoek. Paaie so netjies en skoon jy kan daarvan af eet. Raai wie is daar in beheer van die raad? Nic Barrow, Le Lude

Nuwe stortingsterrein op die hoek van Van der Riet- en Buitekantstraat Dinsdagoggend.
Foto: Johann Coetzer