Deur Liesel le Roux
’n Spotprent (onder) wat die ronde doen op sosiale media laat ’n mens nogal nadink oor die selfoongenerasie waarvan amper almal deel is.
Dis hoe hy die lewe tans ervaar, oral waar hy gaan, skryf iemand op ’n e-pos wat aangestuur is na Die Hoorn.
Dié spotprent vra inderdaad: Is ons besig om in ’n gemeenskap te verander wat slegs van die kantlyn af toekyk na waar daar nood of krisisse is en nie betrokke raak nie?
Hoewel spotprente wel mense wil laat lag of glimlag, wil dit ook dikwels mense uitdaag om te dink en te praat oor gebeure. Dink maar net aan die werk van die bekende Suid-Afrikaanse spotprenttekenaar Zapiro, wat deur sy spotprente dikwels snydende kommentaar lewer op politieke figure en die politieke situasie in die land.
Danksy selfone is kommunikasie bykans oral en oor kontinente beskikbaar, maklik en vinnig. Maar ongelukkig het dit ook afstand tussen mense geskep, mens-tot-mens-kommunikasie verminder, en skep dit ironies dikwels afsondering en onbetrokkenheid.
En daaroor móét ons nadink.
