Campher kom vandag weer voor

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE man wat van poging tot moord aangekla word nadat hy na bewering die 31-jarige Natasha Mei in die huis van sy suster in Bongolethu aangehou en aangerand het, verskyn weer vandag (Donderdag, 9 November) in die Oudtshoorn Landdroshof.

Enver Campher het na bewering vir Mei, die ma van sy kind, vir twee dae toegesluit, gemartel en so ernstig aange­rand het dat sy daarna geruime tyd in die hospitaal behandel moes word.