Briewe van lesers

Is werkoudit klaar?

Ek wonder of die werkoudit van amptenare by die munisipaliteit al afgehandel is en of die poste wat nou geadverteer en selfs gevul word, op die orga­nogram is. Volgens my is daar baie amptenare wat elke maand ’n salaris ontvang maar nie juis werk het om te doen nie.

|Daar is nou onlangs ’n prokureur aangestel. Hy is veronderstel om alle regsaspekte van die raad te hanteer, en die raad behoort nie meer regskoste te hê nie. Nogtans word groot bedrae aan prokureurfirmas uitbetaal.

Die advertensie vir verwers, loodgieters, ens laat ook baie vrae ontstaan. Gaan die munisipa­li­teit nou ’n boukontrakteur word? Daar is dan nie eens genoeg werk vir die huidige instandhouding­span nie. Duidelik is hierdie vrugtelose uitgawes en verkwisting van die belastingbetaler se geld.

Het die raad nie gehoor wat die president ge­sê het nie, naamlik dat die regering en mu­nisipa­liteite nie werkverskaffers is nie, maar ondersteuning aan privaat-instansies gee om werk te skep.
– Langoor-politikus, Oudtshoorn