Briewe van lesers

Geleentheid vir almal om ’n verskil te maak

DIT is algemene kennis dat sommige munispaliteite in die land nie effektief funksioneer en nie goed bestuur word nie. Die Oudshoorn Munisipaliteit, wat ook ’n slagoffer van die disfunksiona-liteit was, is nou stelselmatig besig om van daardie aanslag te herstel.

Met die gepaardgaande herstel, het be­kommerde inwoners van Oudts­hoorn vrywilliglik na vore gekom en die volgende werkskomitees gestig: onderwys en opleiding; investering in Oudts­hoorn; sport en ontspanning; kuns en kultuur; en landbou en grondhervorming.

Dié werkskomitees doen navorsing oor aanverwante sake, dokumenteer die navor­sing, en lê dit aan die raad voor vir oorweging. Sodoende wil die ­werks­ko­mitees voorstelle maak wat moont­lik tot werkskepping en ekono-miese groei kan lei en armoede en siektes kan teenwerk.

Vir die eerste keer sal daar ’n geïntegreerde program van samewerking en saambeplanning tussen die gemeenskap en plaaslike bestuur wees. Dit is ’n fundamentele toets waar ons poog om maat­skaplike doelwitte op ’n kollektie­we wyse, oor grense heen, te bewerkstellig. Armoede raak almal, selfs die wat nie armoedig is nie.

As dié poging suksesvol is, sal die ge­skiedenis die gemeenskap in die toe­koms positief beoordeel. Dié poging sal ons as gemeenskap in staat stel om al die wrede dinge wat ons met soveel nydigheid aan mekaar gedoen het, reg te stel.

Dit is ’n geleentheid om nuwe vennootskappe te bou, vertroue te herstel en geleenthede te skep, waar die ge­fragmenteerde identiteite geheel word.

As ons hier suksesvol is, kan die model na ander dorpe en gemeenskap­pe oorgeplaas word.

Hoe meer vorde­ring daar gemaak word om die kwaliteit van mense se lewens te verbeter, hoe meer sal menswaardigheid, ver­troue, voorspoed en wedersydse respek in die gemeenskap gevestig word.

Ons makeer praktiese boublokke om verandering teweeg te bring, en sodoende kan ons die grondslag lê vir gereg­tig­heid, waarop toekomstige ge­slagte kan bou.

Ons as gemeenskap het niks om te vrees of te verloor nie. As ons as ge­meen­­skap bereid en gereed is om ons historiese waarhede te erken, en vasbeslote daarna strewe om sosiale gereg-tigheid deel van ons lewenswyse te maak, sal ons ’n gesamentlike nalatenskap vestig, waarop ons as gemeenskap ontsettend trots kan wees.

Almal van ons, afgesien van sosiale status en aansien, is by magte om ’n bydrae tot die inisiatief te lewer. Daardeur skep ons kennis, en vorm ons identiteit.

Ons gemeenskap mag in dié stadium heeltemal onvoorbereid vir die uitda­-ging wees, maar ons beskik oor die vermoë om die uitdaging, die idee ’n werk­likheid te maak, waarvan versoe­ning en vergifnis ’n fundamentele onderafdeling sal wees.

Die proses van her­opbou en ontwikkeling het reeds begin, en derhalwe nooi ek u om by een van die werksgroe­pe aan te sluit.

As ons ingelig is, sal ons waarskynlik minder foute begaan, minder gefrustreerd wees, en meer sensitief vir an­der se vrese en bekommernisse wees.

Ons sal geleentheid hê om alles wat onbekend, duister en vreemd is, rustig te bespreek en te omvorm, tot almal se voor­deel. Met dié poging, indien ons dit ons erns maak, sal dit vir ons rede gee om te hoop.
– DA Piedt, Oudtshoorn