Briewe van lesers: 25 Augustus 2022

Munisipaliteit antwoord op inwoner se vrae

Die kantoor van die munisipale be­stuur­der van die Groter Oudtshoorn het soos volg geantwoord op vrae in ’n brief van Kenner van plaaslike re­ge­ring in Die Hoorn van 18 Augustus:
Werksessie vir raadslede in luukse hotel.


Die werksessie is gereël sodat raadslede wat deel gevorm het van ’n nuwe koa -li­sie opleiding kon ontvang met betrekking tot belangrike munisipale kwes­sies en om samehorigheid te kon bou onder mekaar. Daar was nie kame­-raderie binne die nuwe koalisie nie en ’n strategiese wegbreeksessie sou baie help om die uitkomste wat van hulle verwag word in terme van relevante wetgewing te bereik. ’n Volledige verslag oor die werksessie met uitkomstes is aan die raad voorgehou, Slegs drie van die vorige koalisievennote is tans deel van die nuwe DA-koalisie met die meerderheid van die huidige opposisie wat die werksessie bygewoon het. (Volgens die program was die onderwerpe wat behandel is: Purpose of Local Government; Setting The Municipal Vision;
Vision Dictum; Determining The Mission Statement; Strategic Focus Areas; Understanding Batho-Pele Principles; Aligning To Set Core Values With Mission Statement; Setting Tone At The Top For An Good Corporate Culture; Understanding The Macro / External Environment; Understanding The Micro / Internal Environment; Overview of Strategic Issues; Setting Strategic Priorities;
Developing The Strategic Objectives With Tactical Strategies; Assessing The Risk Areas; Overview of Municipal Capital Resources; Developing Key Points of Infrastructure Capital Plan; Developing Key Points of Human Capital Plan; Developing Key Points of Financial Capital Plan; Developing Key Points of Fleet Capital Plan; Developing Key Points of Land & Buildings Capital Plan; Developing Key Points of ICT Capital Plan.

Politieke aanstellings
Relevante wetgewing maak daarvoor voorsiening dat aanstellings in politieke kantore tot ’n maand later vergoed word. Indien nuwe aanstellings gemaak word, ontvang die vorige aanstellings nog ’n maand later hul salaris.

Oortyd van amptenare
Oortyd by meeste munisipaliteite landwyd word misbruik indien dit nie goed bestuur word nie. Daar is bepaalde historiese probleme by die Oudtshoorn Munisipaliteit waar die beleid nie korrek geïmplimenteer word nie en wat tans aangespreek word. Die uitvoerende burgemeester is die politieke oorsig­hoof van die munisipale begroting soos bepaal in die Munisipale Finansiële Bestuurswet (Wet 56 van 2003) en kan uit hoofde van sy oorsigrol verduideli­kings eis ten opsigte van begrotingitems wat aan die raad en/of burgemeesters­-komitee voorgelê moet word. Hierdie oorsigrol geld in die uitvoerende burgemeesterskomitee en raadsvergaderings.

Uitstaande skuld
Daar is met die huidige diensverskaffer by die Grotte-restaurant ooreengekom hoe die skuld vereffen gaan word. Dit was uiters belangrik vanuit ’n plaaslike ekonomiese en toe­ris­me-ontwikkelings­oogpunt dat die res­taurant weer sy bedrywighede hervat.

Onwettige strukture
Dit is onbekend wie strukture onwettig opslaan wat van die raad bekom is. Slegs in ooreengekomde areas wat deur die raad toegewys word, word mense van raadstrukture voorsien. Dit kan ge­beur dat mense dieselfde hokke afbreek en dit elders gaan opslaan in areas wat nie deur die raad toegeken is nie. Waar dit gebeur, moet dit onder die raad se aandag gebring word.

Inmenging in aanstellingsproses
Dit het onder die aandag gekom van die burgemeester, maar geen persoon was bereid om ’n verklaring in die verband af te lê nie en bly dit slegs ’n bewering. Die proses was egter gekompromiteer deurdat die name van senior raadslede genoem is. Indien daar voortgegaan is en mense sou daarna verklarings aflê, sou die skade veel erger gewees het as om summier die proses te stop en ’n nuwe proses te begin.