Briewe van lesers

Welgedaan, Verkeersafdeling

In die tyd wat ons leef, is daar min dinge wat ons daagliks positief stem, maar vandag het ek darem iets positiefs om oor te skryf.

Ek het vandag die verkeersafde­ling te Oudtshoorn besoek om my bestuurderslisensie te hernu. Groot was my verbasing om te sien hoe professioneel ek behandel is en binne minute alles afgehandel kon kry. Alle lof en waardering aan almal betrokke.

Dankie aan mnr Jordaan wat in beheer is, asook aan Marina wat my gehelp het om die dokumente te voltooi en af te handel. Ook aan die kassiere – baie dankie vir jul vriendelike diens. Julle het my dag gemaak!

Aan die res van die personeel: Ek kon sien dat almal baie besig is en dat almal hulle deel doen om die werksdruk te hanteer. Dankie vir julle ook!
Sterkte aan mnr Jordaan en al sy personeel en nogmaals dankie vir die deurgaans goeie diens. As ons almal saamstaan en positief dink en doen, kan ons die wêreld/ons dorp ’n beter plek maak om in te woon.
– Alta Theart, Oudtshoorn