Briewe / Letters

Meer inligting oor huise gevra

Na aanleiding van die berig in Die Hoorn van 10 Maart, “Duisende huise op pad”, die volgende:

1. Kan die Oudtshoorn Munisipaliteit asseblief ’n kaart publiseer wat sal aandui waar al hierdie huise gebou gaan word, sodat al die inwoners kan kennis neem waar die terreine ter sprake geleë is.

2. Volgens die berig gaan 16 331 huise in Oudts­hoorn-dorp gebou word. Ons moet dus aanvaar dat daar minstens (vyf persone per huis) 84 000 haweloses of agterplaasbewoners in die dorp is. Hiervan gaan 14 361 op die wesoewer gebou word.
Dus meer as 73 000 mense wat hier gehuisves moet word, waarvan waarskynlik ongeveer 40 000 kinders gaan wees wat sal moet skool toe gaan.

3. Waar gaan die nuwe rioolplaas gebou word om hierdie huise te akkomodeer, aangesien die bestaande rioolaanleg reeds oorlaai en disfunksioneel is onder die huidige lading?

4. Gesien die toestand van die omgewing langs die De Rust-pad buite Oudtshoorn waar soortgelyke projek bestaan, hoe gaan die munisipaliteit voorkom dat papiere en ander soorte rommel nie ’n gevaar inhou vir vliegtuie wat die lughawe gebruik nie, en is die munisipaliteit tevrede daarmee dat ander woonbuurte ook na dese so gaan lyk?

5. Die meeste inwoners van Wesbank het betaal of betaal nog steeds hulle huise af met swaar verdiende geld, en in baie gevalle dien dit ook as ’n belegging om eendag pensioen aan te vul.
Wat gaan die invloed van die vestiging van laekostehuise reg langs hierdie woonbuut hê op huispryse hier?

6. Eienaars wes van Parkweg-Suid moet kennis neem dat hulle eersdaags midde-in ’n laekostebehuisingsprojek gaan woon, en die langs Parkweg- Suid aangrensend tot die projek. Dit is wat die DA- munisipaliteit waarvoor baie van ons (ek ook) in veral Wyk 2 gestem het in die afgelope verkiesing, beplan.
Ek misgun niemand ordentlike behuising nie, maar ek moet ook sorg dat my eie belang nie deur die munisipaliteit afgetakel word nie
– D Haasbroek, Oudtshoorn
(U brief asook ander navrae wat Die Hoorn oor die behuisingsplan ontvang het, sal aan die munisipaliteit en raadslid in beheer van behuising gestuur word. – Redakteur)

Khoisan People have the title deed

Maimane’s impatience with Zille actually amounts to rejection of the principle of counterbalance which is so important in a debate.
This, to my mind, does not augur well for the DA under his leadership and for freedom of speech in general. It boggles the mind why it is such a sin to comment on anything related to colonialism of the past.

Perhaps Maimane should consider what Boyle Roche said: “We should ­silence anyone who opposes the right to freedom of speech. I do not agree with what you say, but will defend your right to say it with my life.”

Isn’t that the democracy fought for by the oppressed?
Zuma is conveniently depicted as scapegoat for the monetary disasters threatening the country, but the ­majority in parliament support kleptomania which characterizes the current dispensation.
As far as the land issue is concerned, society is led to believe that land historically belongs to blacks who were here first and that the land was stolen from them by invading colonists.
This is an assumption taken completely out of context.
The paintings on rocks and within caves all over the southernmost part of the continent attest to the fact that the Khoisan people were the first occupants of land in this country. Although primitive by nature as a means of proof, the paintings constitute their title deed to a land of which ownership is currently disputed by blacks solely on the grounds of majority rule.
– Manuel Santi, Oudtshoorn

Feite agtermekaar?

Nico Ungerer, het jy en die persoon met die hond en “skokstok” al jul feite agter mekaar?
As jy die hoof was van paaie in Oudts­hoorn, sou die paaie al reg en oorgeteer gewees het? Daar is twee maan­de ’n gat in Parkweg; klippies skiet op teen ons nuwe voertuig en teen ons huis se muur. Wie gaan die ska­de betaal? Ek sluit fo­to’s in.
Tuinvullis word in die gang teen die lug­hawe se draad gegooi. Die mense wat die gat gemaak het, het dit self daar gegooi nadat die lekkasie herstel is.
Voertuie jaag in Parkweg, dis onbe­skryf­­lik. Niemand doen iets daar­aan nie. Bome word ontwortel! Parkweg, vanaf die polisiekollege tot die skouterrein is ’n snelbaan – vir wat? Jaag­duiwels! Niemand gebruik dit vir ’n snelpad om by die hospitaal of brande uit te kom nie. Bepaal julle asb by die dinge wat die dorp sal laat goed lyk.
Ek eis dat jy en die ander persoon vir my kom wys waarvan jy gepraat het! Tuinvullis in die gang gegooi? – M Pietersen, Oudtshoorn

Een van die foto’s van ’n slaggat.

Een van die foto’s van ’n slaggat.

Elk het ’n reg om te verskil

’n Bekende koerantredakteur, Hennie Van Deventer, het op ’n keer vir my min of meer die volgende gesê: “As jy publiek gaan met ’n brief in die pers moet jy dink voodat jy skryf. Een enkele sinnetjie kan jou populariteit en aansien in een dag na nul laat daal.”

Dit is verbasend hoedat persone wat veronderstel is om beter te weet, e-posse en sms’e aan ’n koerant stuur sonder om op hul taalgebruik en hul uitdrukkings ag te slaan. Hierdie on­-van­paste en oordre­we gebruik van woor­de om mense dwa­se en eko­no­mie­se terroriste te noem, vind nie aanklank in goeie geselskap nie. Kras en beledigende taal in die openbaar is altyd verfoeilik. Skrywers aan briewekolomme behoort te verstaan dat mense verskillende menings en ervarings oor ’n aange­leentheid het. Respek vir

’n ander se mening, al verskil dit van joune, is wysheid.
Om hierdie redes stem ek saam met die inhoud van Charles Meyer se skrywe onder die opskrif: “Nie dwase en terroriste nie”, soos gepubliseer in Die Hoorn van 30 Maart 2017.

Ek vertrou met die nuwe raad se ywer dat daar uiteindelik nog hierdie jaar ’n eerlike finansiële oorsig insake Aifa se bedrywighede aan ons as belastingbetalers voorgelê sal word. Dan eers sal geoordeel kan word of Aifa enigiets finansieel vir die dorp en sy belastingbetalers beteken het of slegs vir ’n groepie bevoorregtes. Die afgelope ongeveer drie jaar of langer word hier­die inligting van ons weerhou.
– Bart Vosloo, Oudtshoorn

Outstanding Service!

During December 2016 Sister A Killian of the Oudtshoorn Hospital was asked to look at a swelling on a pensioner’s arm. Realising what it could be, she took the patient to the very capable Dr Swigelaar, who did an immediate biopsy, which proved to be cancer.

In record time, MRI scans were taken at Dr Scribante & Partners Clinic in the George Hospital.
The care and service at this spotless hospital was absolutely outstanding.

Within weeks, Dr Immink, a calligrapher and surgeon of the highest order and his team consisting of Drs Taub, Kaplan, Viljoen and other medical staff of very friendly and caring nursing staff, removed the cancerous growth from the patient’s triceps. Later other scans were done and she was referred to Grootte Schuur Hospital.

The only negative incidents were encountered at the Oudtshoorn Hospital’s transport shuttle. Bookings were tried three weeks before going to Grootte Schuur without success. After being helped by grandchildren to Cape Town, the patient was treated with the utmost care and empathy by the Oncology Department’s very well qualified staff.

She was told to start with radiology treatment for six weeks and that the hospital will arrange for a place to stay, thanks to Dr Paul Chilwesa who went out of his way to help.

Seven weeks before treatment will commence, there is unfortunately still no seat available on the shuttle bus from Oudts­hoorn.

However, the help and treatment received from hospitals and staff is absolutely awesome and fantastic! To use a nearly obsolete two words will be: thank you, thank you!
– Mr and Mrs De Kock, Oudtshoorn