Asseblief, groot asseblief, alle inwoners van Oudtshoorn. Wie slaap agtuur wanneer nagvlugte geskied? Dankie vir almal wat ons dorp positief beïnvloed! Louise (37 jaar ’n Oudtshoorniet)
*****
Kan jy glo? Ek as pensioenaris vergun my die luuksheid om twee bakkies blomplantjies (hanekamme) te koop. Ek los dit onder die afdak by die MediClinic (as gevolg van hitte) terwyl ek spreekkamer toe gaan. Met my terugkeer is my plantjies gesteel! Wat het van ons as mens se integriteit geword? Skaam jou! Leonie S
*****
Waarom parkeer mense in die middel van ’n rybaan? Is dit nalatigheid of onkunde? In Baron van Reede en Jan van Riebeeck die laaste ruk.
*****
Dankie, munisipaliteit, vir die herstel van die parkeerterrein voor Pick n Pay. Elke stukkie wat heelgemaak word, help die dorp herstel.
*****
Dankie, raadsheer Pierre Nel! Pietersen tronk toe vir vyf jaar. DA, betaal nou Nel se regskoste en maak reg met hom.
*****
Dit is gek! Vir amper die hele Januarie nie een druppel water in my krane nie. Tog is rekening R150. Kan iemand verduidelik? Gatvol van De Rust (Rapporteer asb u probleem aan die munisipaliteit. Ten spyte daarvan dat daar nie water in die krane was nie, het van die watermeters foutiewelik aanhou loop. Die munisipaliteit het by ’n perskonferensie verlede week aangedui hulle is bewus daarvan en skenk aandag aan die probleem. – Redakteur)
*****
Wit man onskuldig aan moord, maar hy skiet die oorledene in die rug… Black lives don’t matter. (Daar is berig dat die hof bevind het – na aanleiding van getuienis van deskundiges en die ingangswond van die koeël – dat die oorledene na wie u vermoedelik verwys, van die kant en nie van agter geskiet is nie. – Redakteur)
*****
Gordhan en Hanekom is gefire omdat hulle teen korrupsie is. Barry en Antonie staan sterk en dankie dat julle weier om saam met die korrupte ICOSA te werk.
*****
Die ANC in Kannaland is dood en nou wil hulle die mense wat nog steun het, skors. Hulle moet dan bedank en onafhanklik staan.
*****
Die magsbehepte munisipale beamptes in Oudtshoorn kry hul dae in die hof.Wat van Kannaland se span?
*****
Antonie en Barry staan sterk. Baie kamerade staan agter julle. Bedank en dwing tussenverkiesings af!
*****
Wonderwerke vind plaas in die sake sentrum. Klim uit die kar, geen wagte, geen bedelaars, geen kinders wat lastig is nie. My vrou hoef nie aan haar handsak vas te klou nie. Baie dankie aan persone wat verantwoordelik is vir hierdie wonderwerk.
*****