Drie van land se snaakstes saam op die KKNK-verhoog

Drie van die land se grootste komediante tree vanjaar saam op by die KKNK in die produksie 3-in1. Hier van links is Hannes Brümmer, Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries. Foto: Alet Pretorius

Drie van die land se grootste komediante tree vanjaar saam op by die KKNK in die produksie 3-in1. Hier van links is Hannes Brümmer, Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries. Foto: Alet Pretorius

DRIE van die land se grootste komediante saam op een verhoog – dit is die ervaring wat op besoekers aan die KKNK wag met die vertoning 3-in-1 waarin Casper de Vries, Schalk Bezuidenhout en Hannes Brümmer van Saterdag af in die Absa Burgersentrum te sien gaan wees.
Casper de Vries is die eerste keer in jare terug op die KKNK-verhoog.

Volgens die produksie se vervaardiger, Erns Grundling, gaan die vertoning ’n groot verrassing vir gehore wees.

“Dit is nie net drie komediante wat na mekaar optree nie, maar ’n nuwe manier van stand-up: al drie is saam op die verhoog met ’n verweefde show wat van hulle beste stand-up, lekker interaksie onder mekaar en improvisasie insluit en wat die gehoor ook gaan betrek.”

• Kaartjies kos R140 en is by Computicket te kry. Vertonings is 8 April: 19:00, 9 April: 14:00, en 10 April: 14:00.