’n Besonderse omgee-mens
Met verwysing na u berig oor Lionel Tait in Die Hoorn van 28 Mei 2020 is dit nodig dat ek ’n belangrike toevoeging maak.
Lionel Tait dien op die beheerraad van Eljada Nasorg (’n sentrum vir volwasse verstandelik gestremde inwoners) vir byna 25 jaar waar hy die laaste jare ondervoorsitter was. Ons het hom leer ken as ’n besonderse omgee-mens met onvoorwaardelike liefde vir die inwoners van Eljada. Vir my was hy ’n steunpilaar op die beheerraad en sy wysheid, kundigheid, integriteit en beskikbaarheid sal baie gemis word.
Namens die beheerraad, personeel en inwoners van Eljada Nasorg wil ek graag ons diepste simpatie aan sy vrou Dulary en familie betuig.
Mag julle troos vind in sy nagedagtenis.
Ons gaan hom baie mis, maar hy sal in ons harte en in ons onthou voortleef.
Ek was lief vir hom.
- Alta Germs, Oudtshoorn
Die Woord bly
Alles sal vergaan
maar Die Woord bly bestaan.
Oor 100 jaar
sal ons kinders ervaar
Peste en plae
aan einde van dae.
Soos “Die Woord” profeteer:
alles – wéér en nét so – gebeur.
Soos ons “daarin” lees;
altyd uitkoms wees!
Dankbaar sal hul sing
en weer ’n loflied bring!
Sela
- Cecile Ungerer, Oudtshoorn