Briewe

The water we need is here already

I have no doubt that our town councillors are sincere in their efforts to solve the possible water crisis that we may be confronted with in the not too distant future. If one may create a name for it, “The Beaufort West Syndrome”, ie no more water.

The problem is vexing the minds of the councillors and officials. Now that the Blossoms project has been scrap­ped, we find that council is looking at what can best be described as traditional thinking. Boreholes, closer to the point of most water consumption, using dry river beds to carry the water to distribution points.

The Welsh word, Hiraeth, is a good choice to describe this thinking. It means a longing for a place in the past that one wishes to return to. (Sorry, I cannot even pronounce it, not being a Gaelic speaker!)

It is an apt word. As that is what is being contemplated. The times when the rain arrived in certain months and the rumour that Oudtshoorn was situa­ted on a vast lake of underground water, just waiting to be exploited.

What is a feasible and relatively easy solution?

The water we need is here already. It is being flushed down the toilet! It, in a relatively raw state, is given away free to anybody who can collect it at “source” as it were.

Instead of debates and yesterday’s solutions being bandied about, get real! Spend some of the money allocated on an additional step in our treatment plant – clean the water a bit more and recycle the sewerage water. Many a city does so, Windhoek is one and I defy anybody to tell the difference between the recycled water and that in a bottle commercially purchased.

Time is of the essence, let’s get moving now. We also need to find a suita­ble site for a new storage dam. The population is increasing, the water supply is diminishing.
– William Gould, Oudtshoorn

God se genade is vir almal

Op Sondag 30 September het ’n droom op ’n besonderse manier waar geword vir Magdalena (Leentjie) Mei, toe sy op 50-jarige ouderdom die sakrament van aanneming (bevestiging) in die Angli­kaanse Kerk van St Simons’s Oudts­hoorn ontvang het.

Die blydskap was groot toe biskop Brian Marajh van die bisdom van George haar die hande opgelê en met Heilige Chrisma-olie gesalf het.

Hierdie was ’n blye gebeurtenis om­dat sy die vorige Woensdagaand ook die eerste keer met die doop bedien is. Dit is tradisie in die Anglikaanse Kerk dat kinders gedoop word as hulle nog jonk is, en daarom is dit half ongewoon dat ’n persoon van 50 jaar vir die eers­te keer met die doop bedien word.

Wat dit nog meer spesiaal gemaak het, is dat Magdalena uit ’n informele gebied in Oudtshoorn, Suikerbult, kom waar ’n paar huisgesinne in haglike omstandighede woon.

Vader Chassley Fredericks en sy dogter, Levin Fredericks, wat tans by Kindersorg in Oudtshoorn werk, het die gesinne in 2017 “ontdek” en ’n projek – “Hands of Hope” – gestig, waardeur hul­le die mense met kos, klere en die Woord van God bedien het.

Magdalena en ’n paar van die gesinne het sedertien lidmate geword van St Simon’s. Na die vertrek van Vader Chassley na Heidelberg, het Levin voortgegaan met die pro­jek.

Deesdae word mense se waardigheid soms aangetas deur die volgende werklikhede: siekes wat nie toegang tot mediese hulp kry nie, kinders wat nie toe­- gang het tot goeie onderwys nie, ge­stremdes wat op ’n diskriminerende wyse uitgesluit word, mense wat nie toegang het tot behuising en basiese diens­te of werksgeleent­hede nie. Ook wanneer armes aan hulle lot oorgelaat word, mense beoordeel word op grond van velkleur, mense nie vir hul werk vergoed word nie en uitgebuit word, of op grond van hulle seksuele oriëntasie uitgesluit word. Dit is vernederend.

So op ’n manier wil ons probeer om dinge soos dié om te draai, sodat ons kan inskakel by die Seisoen van Mens­waardigheid, ’n inisiatief van die VGK, NG Kerk en ander vennote en eintlik beteken “God se genade is vir almal”.

Magdalena se voorbeeld is ’n voorbeeld van “God se genade vir almal”. Ons wil haar en haar familie gelukwens en hoop dat sy ’n toonbeeld van God se genade vir almal wat dit nodig het, sal wees.
– L Frederiks, Kindersorg, Oudts­hoorn

Het Christen-leerders regte?

Daar kan seker met reg gevra word, watter regte het Christen-leerders van­dag in ons skole, waar daar ’n sekulêre dominansie heers, en waar die Christelike godsdiens al hoe minder ’n invloed op die lewe van Christen-leerders het. Die volgende vrae verdien seker ’n dui­delike antwoord, wat gerusstellend behoort wees vir die gemoedere van ouers wie se kinders deur die sekulari­teit ge­-raak word.

• Kan Christen-leerders hulle Bybels by die skool in hulle vrye tyd lees?

• Kan Christen-leerders hul Christeli­ke standpunte in klasbesprekings ui­ter?

• Mag hulle Christelike lektuur tydens skoolure versprei, met dien verstande dat hulle nie formele onderrig en leerprosesse ondermyn nie?

• Mag Christen-leerders gesamentlik bid gedurende ’n tyd wanneer daar nie formele onderrig plaasvind nie?

• Mag Christen-opvoeders en Christen-leerders Christelike aangeleenthede individueel en gesamentlik bespreek, sonder dat hulle die spasie van leerders van ander gelowe binnedring?

• Kan opvoeders met Christelike oortuigings uitgesluit word van ’n geleent­-heid om te onderrig en te leer?

• Mag Christelike opvoeders leerders in die Christelike geloof onderrig, as die vakinhoud so ’n geleentheid aan die opvoeder bied.

• Kan skool-amptenare byvoorbeeld Christelike lektuur vanuit die biblioteek verwyder, bloot op grond van Christelike inhoud?

• Het ouers die reg om hul kinders te verbied om onderrig in ’n vreemde godsdiens te ontvang en om inligting oor ander gelowe te versprei wat strydig is met hulle eie Christelike geloofs oortuigings?

Christelike ouers wat hul Christelike geloof ernstig opneem, moet hulle ver­gewis wat hul kinders se regte in ’n se­kulêre omgewing is. Christelike ouers, opvoeders en leerders kan alleenlik hul regte binne hul Christelike konteks uit­oefen as hulle bewus is van hul regte.
– DA Piedt, Oudtshoorn

Koöperasie Mall vs kinder-veiligheid

Met verwysing na die munisipale kennisgewing 268 van 2018 waarin die publiek gevra word om kommentaar te lewer oor die koöperasie se nuwe “shopping centre”-aansoek.

Ek wonder hoeveel van Oudtshoorn se inwoners het die moeite gedoen om die dokumente wat saam met die aansoek ingedien is, te bestudeer?

“Hoera… ons gaan ’n mall kry!” Het jy al mooi gaan sit en dink aan die implikasie van hier­die sogenaamde “mall” skuins oorkant ’n laerskool en binne ’n woongebied?

Ons is nog baie bevoorreg in Oudtshoorn om te kan sê dat ons in een van die veiligste dorpe in Suid-Afrika bly. Nou het ons ’n keuse – ons kan ons en ons kinders se veiligheid opoffer om ’n inkopiesentrum in ruil te kry.

Is dit die moeite werd? In die aansoek word mel­ding gemaak van Spar, Clicks en KFC as die drie ankerhuurders. Hou in gedagte dat die Klein Karoo Groep se hoofdoel is om geld te maak en wins te toon; nie om aan inwoners ’n “guns te bewys nie”.

KFC word jaar ná jaar aangewys as die land se gunsteling kitskosrestaurant. Dié KFC gaan kliënte kry – baie kliënte. En nie net Oudtshoorn-kliënte nie. Dink net hoeveel van die verkeer vanaf Kaapstad (groot trokke, passasiersbusse, taxi’s) gaan indraai in Parkweg in om te gaan KFC koop en brandstof in te gooi.

Klein Karoo bereik dus hul doel. Ten koste van die veiligheid van die inwoners en die skoolkin-ders. Ek haal aan uit die dokument: “The character of the area is mostly associated with businesses, low and medium density dwellings, the SAPS College, aerodrome and open spaces”.

Hier word nie eers melding gemaak van Laerskool Wesbank nie! Waarom nie?

Ek is geensins gekant teen ontwikkeling nie. Dit gaan vir my hier oor die ligging van die beoogde “mall”. Daar was in die onlangse media ’n soortgelyke kennisgewing oor ’n beoogde inkopiesentrum op die hoek van Langenhovenweg en

Rademeyerstraat. Na my mening is hierdie ’n baie beter ligging vir so ’n ontwikkeling.

Inwoners het kans tot 23 Oktober om kommentaar te lewer. Doen jou deel asb en help om ons inwoners en kinders veilig te hou.
– Hermien Britnell, Oudtshoorn