Halleluja!
Die baie bekende uitdrukking “Halleluja”, wat meestal in Christelike liedere voorkom, word ook gebruik om blydskap te openbaar. As ons na die herkoms van hierdie woord kyk, moet ons erken dat baie mense nie weet wat dit beteken nie.
Die “ja” kom van die verkorte vorm (Yah) van die oorspronklike Hebreeuse naam van Christene se Here, Yahwhe. “Hallel” beteken lofprys / loof helder en duidelik. Met ander woorde die woord beteken “lofprys die Here helder en duidelik”.
Met dit in gedagte sal Christene besef dat die Here/God se naam al dikwels ydellik gebruik is. In sommige Afrikaanse Bybels (veral ou verta-lings) kom die woord net voor in Openbaring 19. In die NIV Study Bible word dit gespel as “Hallelujah”.
My bede is dat meer en meer mense dié woord sal gebruik met die nodige eerbied.
– Christen, Oudtshoorn
An open letter to the Oudtshoorn Municipality
We, the residents of Oudtshoorn, request that the Oudtshoorn Municipality abides by its own water restrictions and stops watering the islands and other areas between 10 am and 6 pm. In addition, we request that the municipality fixes the spray system so that it does not water the hard surfaces of the road which is also in contravention of the water restrictions.
In the light of the drought conditions in the Western Cape we request that the municipality replace all grass with stones and succulents or other water-wise plants suitable to the climate. Grass uses extraordinary amounts of water (upwards of 50 kilolitres per square meter per month) and it is exceptionally irresponsible of the municipality to continue to have extensive lawns on their property and grass and roses on the islands in the Karoo.
We request that the municipality institute water restrictions appropriate to the drought instead of useless restrictions that do not restrict the use of water in any meaningful way and do not contribute to the actual saving of water. And that the restrictions are effectively conveyed to all the residents of Oudtshoorn by whatever means necessary.
We request that the municipality lead the way in saving water by setting a good example by not wasting any more water through their own wasteful habits watering during the day for long periods, with water running down the streets.
We request that the municipality attend to all leaks with urgency to save water. We call on the municipality to show good leadership and governance to ensure that all events held in Oudtshoorn are as water-wise as possible and implement water conservation practices such as waterless toilets, sealed grey water ice packs, restricted use of misters, and for all participants to be aware of the need to conserve water.
Last but not least we oppose the implementation of the so-called “drought tariffs” as illegal and punitive, especially in the light of the wasteful habits of the municipality themselves, who have ignored repeated requests from many residents to stop watering the islands and other areas, to attend to leaks, and other assorted water related issues.
Be leaders and lead by example. Save our water!
– Jacy Seeker, De Rust
Straatnaam se verandering
Ek kon nie my oë glo toe ek lees van ’n naamsverandering in Oudtshoorn nie.
Dan moet dit nog voor die KKNK realiseer. Wat ’n vroeë April-grap en geklikheid.
Die naam “Mandela” is oorverkoop en behoort aan die verlede. Mandela se naam pas by geen Karoodorp nie. Dit is soos om te besluit dat ons in Oudtshoorn met veselperskes begin boer en moet ontslae raak van die volstruise.
Die raad moet vir ons wat belasting betaal, meedeel wat so ’n naamsverandering gaan kos.
In hierdie stadium is dit ’n gemene saak dat Oudtshoorn dit nie kan bekostig nie. Ons belastingbetalers kan nie hoër belasting verder verduur nie. Sou die raad met die naamsverandering voortgaan, sal ons belastingbetalers dit soos een man moet teenstaan. Die teenkanting is reeds hewig merkbaar op sosiale media.
Die DA-beheerde raad moet kennis neem dat kiesers ingelig is en hulle nie meer aan die neus laat rondlei deur onverantwoordelike en onbevoegde besluite van raadslede waarvan sommige net daar sit om ’n salaris te ontvang nie.
Onsinnige en ondeurdagte besluite kan die DA in Oudtshoorn net so hard by die stembus soos die ANC op 3 Augustus 2016 laat val.
Ek vereenselwig my ten volle met die Redakteursbrief in Die Hoorn van 1 Februarie 2018 onder die opskrif; “Bossie Boulevard”.
Die burgemeester moet weer gaan dink.
– Bart Vosloo, Oudtshoorn
Water kan lei tot oorlog
Die Derde Wêreldoorlog sal miskien nie veroorsaak word deur wie mag en wie mag nie oor ’n kernkrag-arsenaal beskik nie, of deur territoriale mag, of deur olie of minerale nie, maar verseker deur water.
Aardverwarming en klimaatsverandering is besig om sy tol regoor die planeet te eis.
Die aarde bestaan, so sê die wetenskaplikes, uit ongeveer 70% water, waarvan slegs 3% geskik is vir landboudoeleindes en menslike gebruik.
Groot gedeeltes water is in gletsers opgevang, en kan derhalwe nie gebruik word nie.
Siektes soos cholera en ingewandskoors vier hoogty in die afwesigheid van water en veroorsaak jaarliks die dood van ongeveer twee miljoen mense, waarvan die meeste kinders is.
Die Kaapse Skiereiland hier op ons voorstoep gaan onder ’n knellende droogte gebuk.
As die industriële moondhede wêreldwyd nie ophou met hul aandeel in die vrystelling van skadelike gasse nie, gaan gletsers vinniger smelt, wat beteken dat die watervlakke by laagliggende gebiede aan die wêreld se kuslyne voor die einde van die eeu met ongeveer vier voet sal styg.
Oorstromings is dié gebiede se onvermydelike voorland.
Een van die ooreenkomste van die Parys-beraad, is om toe te sien dat die verwarming van die planeet nie met meer as 2 grade Celcius teen die einde van die eeu styg nie.
Al hierdie onnatuurlike ingrypings in die normale verloop van die seisoene, kan selfs voedseltekorte tot gevolg hê. Ons plaaslike regering moet nie die tekens van die tye ignoreer nie, maar moet vroegtydig begin om waterbesparingsmaatreëls in plek te stel, en die gemeenskap opvoed in terme van ons houding teenoor die verbruik en gebruik van water.
Ons dorp se groeiende bevolking, as gevolg van instroming, is alreeds besig om druk op ons waterbronne te plaas.
Inwoners moet op ’n georganiseerde wyse attent gemaak word op die spaarsamige gebruik van water.
As die restaurante, gastehuise, hotelle, besighede, die weermag, die polisiekollege, die hospitale en die skole nie meer operasioneel kan wees as gevolg van ’n tekort aan water nie, dan is ons ekonomie daarmee heen.
Werkers sal nie vir diens kan aanmeld nie, en leerders sal nie by die skole ontvang kan word nie.
As daardie dag aanbreek, sal ons as gemeenskap weet dat ons ons plig individueel en gesamentlik vernalatig het.
– DA Piedt, Oudtshoorn