Sms’e van lesers

• Ek is ’n toeris wat elke jaar na die geliefde Oudts­hoorn kom! Vanjaar was ek baie teleurgesteld! Eers baie opgewonde oor al die huise wat daar gebou is op pad na De Rust! Maar watter seeroog om te sien by amper elke huis is daar ’n shack gebou van sinkplate, ens! Kan die munisipaliteit dan nie ’n reël maak dat geen buitegeboue op ’n erf mag wees nie? As dit wel gebeur, verbeur hulle hul huis! Nee regtig, dit skep ’n vieslike beeld vir toeriste! Dit sal maar net weer ontaard in ’n plakkerskamp! Hou Oudtshoorn skoon sodat ons trots daarop kan wees en dit ’n voorbeeld kan wees vir ander plekke!

• Juffrou polisievrou wat nie jou naam by die wag by SASSA ingeskryf het nie – moenie dink omdat jy in die polisie is, is jy bo die wet verhewe nie. Wonder of jy ooit van Mosselbaai is. Jy kry rusdae om jou sake reg te maak. Ontevrede van Die Lane

• Ek dink dis belaglik dat Voortrekkerweg se naam verander moet word. Klink of die munisipaliteit baie geld het. Soveel besighede en wonings se adresse moet dan verander word, padkaarte, internet, ens. Regtig onnodig. Die Winnie-naam nog meer belaglik. Madiba sou hierdie jaar 100 word en hulle was geskei. So waar pas sy in die prentjie? Maak eerder gate en waterpype reg. MD

• Hoogstraat-geval van 4 Januarie. Nee mense, n storie het twee kante. Die Hoorn plaas net die SAPD se kant. Wat van beskuldigde se kant? Dis nie reg van Hoorn nie. (Omdat ’n hofsaak oor die voorval reeds aan die gang is, respekteer Die Hoorn die regsproses en berig ons daaroor. Ons kan nie inmeng met die regsproses en met beskuldigdes praat terwyl ’n hofsaak aan die gang is nie. Sien ook redakteursbrief op bl 4.)

• Dit is vir my ironies dat Colan Sylvester so ’n voorstel kan maak dat ’n man wat niks vir Oudts­hoorn beteken het, vereer word met ’n straatnaam. Kyk rondom ons en sien Oudtshoorn het mense wat vereer moet word. Jekels

Dit is hoe die parkie op die hoek van Buitekant- en Kortstraat die naweek gelyk het. Sies, dis ’n skande. Veronderstel om ’n speelplek vir klein kindertjies te wees, maar die plek is besaai met glasstukke!  Praat help nie meer nie! Wetgewing kan nie eers iets aan hulle doen nie. Hulle is al telkemale verwyder deur die polisie om net weer terug te kom! Sies, dis ’n skande! Geen raad meer nie. Lana Bestbier

Dit is hoe die parkie op die hoek van Buitekant- en Kortstraat die naweek gelyk het. Sies, dis ’n skande. Veronderstel om ’n speelplek vir klein kindertjies te wees, maar die plek is besaai met glasstukke! Praat help nie meer nie! Wetgewing kan nie eers iets aan hulle doen nie. Hulle is al telkemale verwyder deur die polisie om net weer terug te kom! Sies, dis ’n skande! Geen raad meer nie. Lana Bestbier

• Mnr Sylvester, straatnaamveranderinge is uitgedien en tipies van munisipaliteite wat geen kreatiewe vermoë het wat die gemeenskap tot voor­deel strek nie! Johan

• Die foto van die vermeende moordenaar, Maggie Titus, op die voorblad van Die Hoorn twee weke gelede het ons stomgeslaan. Die speurder Wilfred Apollis kom hand om die lyf van die vermeende moordenaar en met ’n groot glimlag by die SAPD-kantoor aan. Hulle lyk eerder soos ’n verliefde paartjie wat by ’n partytjie opdaag! Ek wonder wat sou die wreed vermoorde Preston Titus (27 messteke en houe met ’n hamer) van die foto sê. Ons, die betalers van speurder Apollis se salaris, vra hiermee dat die speurder reageer op hierdie sms. (’n Navraag oor die sms is aan die Oudts­hoorn Polisiekantoor gestuur. Geen reaksie is teen druktyd ontvang nie.)