Oorgroeide rivier deur dorp
Is daar al enige datum vasgestel wanneer herstelwerk aan die historiese hangbrug op Oudtshoorn gaan begin?
Tans is daar geen of bitter weinig vloei in die Grobbelaarsrivier, nie slegs te wyte aan die droogte nie, maar grotendeels ook as gevolg van die oorgroeide Grobbelaarsrivier.
Die skoonmaak van die rivier is ’n ideale werkskeppingsprojek vir werkloses sowel as die straatmense op Oudtshoorn vir wie daar nou ’n toevlugsoord geskep word.
Die skole, weermag, polisie- en ander opleidingskolleges kan ook iets terugploeg in Oudtshoorn en betrokke raak by die skoonmaak van oop ruimtes en historiese plekke in Oudtshoorn.
Ons weet almal dat die munisipalilteit grootliks aanspreeklik is, maar as die publiek en belangegroepe nie druk toepas en dit dryf nie, gaan daar niks gebeur nie.
Ek was tydens die KKNK op Oudtshoorn – wat ’n ontnugtering om te sien waar die Toerismekantoor weggesteek is. Kan die geboutjie nie ’n bietjie kleur kry nie? Dieselfde met die Biblioteekgebou en veral die “tuine” rondom.
– Beverley Barnard, Kaapstad
(Die brief is per e-pos aan die munisipaliteit gestuur vir reaksie. – Red)
Water: A Need for Innovative Thinking
Now we are to be punished! Trying to control water usage by price is the most ridiculous scheme, with little thought behind the idea.
“Make it more expensive,” said the mad-hatter. Alice replied with what at first seemed like the right answer, “Won’t we just sell less?” Exactly the wrong answer was the reply.
The mad-hatter knew his marketing programme. Price up, the wealthy just shrug and pay more, the poor, who use little of the resource, just shrug and carry on, carrying their few buckets a day. Water levels in the dam go down.
What we need now in Oudtshoorn, is clear, innovative thinking. Nobody knows when or if it will rain this year.
A look at the consumption by our watering of the tarmac in Langenhoven Street for example has produced little growth of the surface of the road. The grass or what remains of the plants can just be left to die. When the drought is over a suitable non water hungry street garden, reflecting the area, can be created. The same goes for all the areas currently watered copiously by the guardians of the water supply.
Instead of spending millions on an unproven Blossoms scheme, use the money to build a plant to clean the water speeding into the sewerage works. Windhoek does. The residents drink the same cup of tea six times a day! George does, and the consumers seem happy. London UK does and nobody complains.
It will be too late to start schemes when the dam is 5% full. Now is when the action is required.
I realise that people need employment opportunities. What would you rather have? A clean car or a glass of water to drink. Look at the number of car washes in our town not recycling the water that is used. Should this not be a priority for the issuing of a business licence?
I am certain that the combined brain power of our town’s population can come up with many more good ideas, regarding water saving. Will our Council be able and willing to implement these, or will they just increase the price as the dam levels continue to drop?
– William Gould, Oudtshoorn
(Die brief is per e-pos aan die munisipaliteit gestuur vir reaksie. – Red)
Vrae oor droogtetariewe
Na aanleiding van die munisipaliteit se kennisgewing oor die droogtetariewe sal dit in Oudtshoorniete se belang wees as die munisipale bestuurder en die burgemeester op die volgende vrae antwoord.
Wat is die doel met die ingestelde droogtetariewe?
Gaan dit aangewend word vir infrastruktuur soos suiweringswerke, daar dit die inwoners daagliks duisende rande uit die sak jaag om drinkbare water te koop, aangesien dit veel laer is as die aanbevole kook van die besmette water.
• Gaan die damme groter gemaak word?
• Gaan die munisipaliteit daarmee voorkom dat duisende liters water maandeliks in stormwaterslote beland as gevolg van lekkasies en gebarste hooflyne?
• Sal daarmee gesorg word dat die mense wat deernis kry en waar geen meters is nie, gehelp word om nie met water te mors nie?
• Of gaan dit net maar in die bodemlose koffers verdwyn om die begroting te laat klop as gevolg van die buitensporige, miljoenêr-salarisse van die topstruktuur.
In Oudtshoorn, waar 80% van die mense tussen ’n karige R1 600 en R20 000 per maand verdien, is salarisse van meer as R100 000 per maand ’n belediging vir die armes.
– John Emmerich, Oudtshoorn
(Die brief is per e-pos aan die munisipaliteit gestuur vir reaksie. – Red)
Klap in gesig van Afrikaner
Tot my stomme verbasing verneem ek dat die plaaslike stadsraad die voorneme het om die naam van Voortrekkerweg na Nelson Mandela Boulevard te verander. Dit is ’n klap in die gesig van die Afrikaner.
Die Voortrekkers was van die eerste opponente van die Britse koloniserende owerheid – hulle het weggetrek van die Britse Kaapkolonie en later selfs militêr met die Britte in Natal en die latere Vrystaat gebots. Hulle was van die eerste vryheidvegters in Suider-Afrika. Piet Retief, Gerrit Maritz, Hendrik Potgieter en Andries Pretorius is helde en verdien om op ons dorp vereer en gedenk te word. Laat dié wat Nelson Mandela wil vereer dit doen. Watter ongevoelige domheid is dit om onnodiglik ’n seksie van ons dorpsbevolking aanstoot te gee? Dit is allermins die wyse om ’n nuwe nasie met ’n nuwe gemeenskaplike lojaliteit te bou.
En watse aansitterigheid is dit om ’n Franse boulevard in ’n Afrikaanse Karoodorp te wil invoer? Ek het met eerlike Voortrekkerweg grootgeword en dit sal altyd vir my Voortrekkerweg bly. Mag die stadsraad van hierdie dwase voorneme afstand doen.
– Dr Oskar Prozesky, Oudtshoorn
Voortrekkerweg – stuur asb self kommentaar aan munisipaliteit
Hoewel Die Hoorn graag briewe van lesers plaas oor die beoogde naams-verandering van Voortrekkerweg, moet inwoners steeds as deel van die openbare deelnameproses direk aan die munisipaliteit skryf.
Geskrewe kommentaar kan ge-stuur word na hd@oudtmun.gov.za of afgelewer word by die kantoor van mnr HD Visagie in die munisipale gebou in Voortrekkerweg.
Die sluitingsdatum is 18 Mei.