Bejaardes – Kommentaar

Die Hoorn hoop dat die talle skrywes van mense die afgelope weke oor bejaardes, Covid-19 en aftreeoorde/oue­tehuise in ons koerant, tot nadenke by almal sal lei oor hoe ons bejaardes behandel.

As dit net gaan lei tot woede by party, ontkenning by ander en twee­spalt tussen mense, help al hierdie skrywes en die lesse wat ons as ge­meenskap (veel wyer as die Klein Karoo) vanjaar uit die pandemie geleer het, niks nie.

Ons het tyd gehad om Covid-19 te leer ken en te sien hoe afsondering en eensaamheid seermaak – veral ook ons bejaardes. Ons het almal tyd ge­had om lesse te leer oor hoe om vei­lig afstand te handhaaf – in ons bly­-plekke en by werkplekke. Ons het al­mal baie tyd gehad om uit ons foute en onkunde van vroeër vanjaar te leer.

Om te leer en te verander en aan te pas, is ’n teken van groei en verantwoordelikheid; en in hierdie geval ook van naasteliefde.

As ons nou nie daardie kennis gaan toepas nie, of nie bereid is om te luister na kundiges en te leer by diegene wat ons wil inlig nie, is ons bloot onverantwoordelik.
– Liesel le Roux, redakteur